Kollig-kalender – 4 Julie 2025
VANDAG
• 09:00 – Tsumeb Straatmark by die motorwassery agter FNB en Bank Windhoek; die mark duur môre voort. Huur ’n stalletjie teen N$50.
• 12:00 – Die 40ste jaarlikse Koës Pan-tydren bied die immergewilde veldren vir motors, fietse en vierwielmotorfietse aan, asook ’n mini-ren, sleepmotorfietse en duinklimkompetisie. Die pret gaan Saterdag voort.
MôRE
• 08:00 – Die Nampharm-stigting bied die Hand in Hand in Hope-bewusmakingstaptog van 5 km aan, wat by Stad Windhoek se boonste parkeerterrein begin. Deelname kos N$50; kinders jonger as 12 neem gratis deel.
• 09:00 – Die 4de jaarlikse Vrouekonferensie vind by die Atlantic Villa Boutique Guesthouse in Swakopmund plaas.
• 10:00 – ’n Spesiale vakansiemark in samewerking met Oranjemund Safe Haven by The Lounge (kegelbalklub) tot 17:00, met kos, vermaak en vele meer.
• 19:00 – Figures Models bied ’n Mamma Mia-modeskou aan by die Wanderers-sportgronde in Windhoek. Kaartjies kos N$100 en N$50 vir kinders jonger as 12. Verversings sal te koop wees.
VRYDAG 11 JULIE
• 18:00 – Die MTC Wine Extravaganza vind op Ongwediva tot 22:00 by die handelskousentrum plaas, en gaan op môre voort. Kaartjies kos N$300 en is via webtickets.com.na beskikbaar.
• 18:30 – Grotman, met Phillru van Achterbergh in die titelrol, by Windhoek Hoërskool. Kaartjies kos N$300 en is via eticket.my.na beskikbaar.
• 19:00 – The Hoeked Comedy All Stars – Loyiso Gola, Rob van Vuuren, Dian Oliphant en Waylene Beukes – tree by die Nasionale Teater op. Kaartjies kos N$350 en is via webtickets.com.na beskikbaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie