Foto verskaf
Foto verskaf

Khroma verken Objet d’Art van ’n ander kleur

Iréne-Mari van der Walt
Die Bellhaus-galery bied ’n nuwe uitstalling – Khroma: Reimagining Objet d’Art – van 13 November tot 6 Desember aan.

Die uitstalling vermeng mediums soos keramiek, skilderye, veltkuns, kralewerk en kunsafdrukke.

“Die Bellhaus Atelier & Galerie nooi jou uit op ’n sensoriese reis verder as kleur – waar teenwoordigheid, persepsie en betekenis bots.

“Gekurateer deur kunstenaar Marcii Magson, verken Khroma die ryk lae wat gewone voorwerpe in lewendige stories en tydlose ontmoetings omskep,” het die galery op sy sosiale media gesê.

’n Gesamentlike veltkunsprojek deur René Marais en Stephanie Bentum, wat nuwe lewe in wol en sybokhaar inblaas, sal ook onder meer uitgestal word.

Daar sal ook tekstiel- en kralewerk deur Chrisna Basson wees, wat goedere onder die handelsnaam, Plesier, vervaardig.

Die uitstalling open 13 November om 18:30.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-11-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer