‘Hinterland’ adem die geur van Afrika
Fabels en mites
Dr. Emma Kirchner
Dit is interessant dat hierdie roman wat op een vlak die soeke na die mistieke gorillas is, in dieselfde jaar as Jane Goodall se sterfjaar verskyn.
Ek het jare gelede ’n lesing van haar in Edmonton bygewoon en het sedertdien groot respek vir die aap-rasse ontwikkel. Net soos met sjimpansees, deel ons immers ongeveer 98 persent van ons DNA met hierdie primate. Die naamlose hoofkarakter in Hinterland is lid van ’n navorsingsekspedisie en doen hom voor as ’n linguis. As voorbereiding vir sy rol, bestudeer hy o.a. die taal-kommunikasievermoëns van Koki, die bekende vroulike gorilla Hanabiko (Koki) (oorlede in 2018) wat haar lewe grootliks in aanhouding spandeer het, en waardeur Francine Patterson, met haar aapverwante taaleksperimente, groot bekendheid en omstredenheid verwerf het. Reeds met die aanvang van die roman, wat in drie dele verdeel is (Die See, Die Woud en Die Gorillas), bevind die leser hom/haarself midde in die Afrika-hinterland (iewers tussen niks en nêrens, ver van die sg. beskawing, vgl p.140) – diep in die binneland van Wes- en Oos-Afrika (Gaboen, Kameroen?). Die verhaal begin met ’n flits wat eers teen die einde van die roman in perspektief geplaas word (p.141). Wat die reisigers hier sien, waar murasies van ’n verlate hospitaal staan, is verstommend en pakkend. Onder andere sien ons linguis ses figure in rolstoele, “koppe benerig soos skedels. . . die tande oopgetrek tussen die lippe deur, omring deur spinnerakke, met halfvol glasies voor hulle, waarvan druppels vog stadig in die strooitjies afsak”.
Is dit werklik, wonder die leser onwillekeurig. Reeds hier, op die eerste bladsy, word die rede vir die ekspedisie duidelik gestel: “om na die oorblywende stories van vrylopende gorillas te kom luister”. Die feit dat die ekspedisie na stories, oorlewerings en fabels op soek is, aktiveer dan ook die tweede betekenis van die romantitel: hinterland as area wat buite die bekende of sigbare bestaan. ’n Vrou uit die stam bevestig dat daar “in hierdie oorgeblewe brok van beskawing voorvalle bekend is van vroue wat deur manlike gorillas (eufemisties – E.K.) lastig geval is”.
Ek meen dat ’n moontlike interpretasie van die slot van die roman deur hierdie eerste gedeelte vooruitgeskou word: is dit wat ons linguis sien en ervaar werklik, of bly dit buite die bekende of sigbare?
In die eerste gedeelte stel ons effe twyfelagtige eerstepersoonsverteller die leser voor aan die ekspedisielede, en berig oor hul avontuurlike seereis al langs die weskus van Afrika op. Presies wanneer hierdie reis onderneem word, is onduidelik en bevestig die feitlik bonatuurlike atmosfeer wat deurgaans deur hierdie leser ervaar is. Die skip waarmee hul reis, is oud en het slegs die basiese navigeertoerusting – heel moontlik om ongesiens deur wetstoepassers uit die ontwikkelde Kaap weg te glip.
Lede van die yl ekspedisie is eerstens natuurlik die kaptein, ene Generaal la Paz, ’n jagter, ’n navigator, ’n kok, twee botaniste, twee kampassistente, asook ’n enkele dierkundige. Die feit dat die dierkundige ’n aanvallige vroulike karakter, is, stel die hoop op romanse of liefdesdriehoeke in die vooruitsig.
Annegret se voorstelling van haarself as dierkundige vir wie navorsing op ingehokte primate met weersin vervul, bevestig haar werklike betrokkenheid by die doel van die ekspedisie: om gorillas in hul natuurlike habitat te ontmoet en saam met hulle te leef. Kommunikasie met ander primate en die rol wat tolk en taal in die totale skepping speel, vorm deur Annegret en die ek-verteller se interaksies ’n belangrike draad deur die verhaal.
Afdeling een en twee berig uitvoerig oor die uitmergelende avonture wat die ekspedisie beleef. ’n Werklik hartverskeurende oomblik tydens die seetog is wanneer Mateo (jong seun van die skipper) verdwyn – dalk oorboord geslinger of self van die skip afgespring. Dit is ’n moment waarvan veral Annegret moeilik kon wegstap.
Die tweede gedeelte (Die Woud) vorm die grootste deel van die teks, en verhaal hoe die tog gaandeweg verval in ’n doellose geslinger/ “’n willose sloftog” (p.94) in die verkeerde rigting (of was dit?). Die verhongerde ekspedisielede ly erg onder koors en ander ontberinge.
Hulle word bygestaan deur plaaslike inwoners, melaatses en waterboesmans om riviere te navigeer en om meer oor die bestaan van gorillas te wete te kom. Hierdie gedeelte bevestig deurgaans Van Rooyen se uitmuntende kennis van die hart van Afrika, nie net van die ondeurdringbare woude en plaaslike bevolkings nie, maar ook van die fabels en mites van die streek.
Inligting oor die Nandi-beer en die menslike maar mistiese gedrag van die gorilla (“die hoogste of eerste wese”, p.98) word deurgaans in die teks geïntegreer, onder andere deur vertellings en voorlesings deur die Generaal, uit sy lêer asook uit Die avonture van Paul du Chaillu, Savage Africa (1863), e.d.m. Feit en fiksie loop vir die ekspedisielede ineen.
Annegret het ’n baie diep fassinasie met die Kripto-dierkunde, ’n studieveld oor vreemde legendariese diere.
Hinterland adem die geur van Afrika, wat soms as “maagdelik” beskryf word: “Die boskaas waardeur ons ploeter is uitbundig in sy malse wasdom, ’n ekstase van groei: bome, bosse, dorings, spinnerakke, liane, kruipers, rankers, xerofiete, blomme. . . (p.66).
Uiteindelik eis die ekspedisie ’n (te) groot tol. Wat in die laaste afdeling met die verteller, die jagter, en die blonde koningin van die gorillas gebeur, sal nie verklap word nie. Maar die meesleurende teks het hierdie leser laat wonder: het die mens ontwikkel of gedegenereer uit die oerinwoners van Afrika, verwysende onder andere na die opgrawings in Sterkstroom waar die skedel van Me Ples gevind is? Worstel die mens uiteindelik steeds met die gorilla in homself? Hoewel daar aspekte (bv. karakterbeelding) mag wees wat sekere lesers as onbevredigend sal ervaar (vir my was die slogans op die flaptekste bv. oordrewe), is Hinterland ’n boek wat in die Kerskous van elkeen wat Afrika liefhet, hoort – ’n heerlike en misterieuse spanningsroman, uitgegee deur Naledi.
• Piet van Rooyen is op Vryheid in KwaZulu-Natal gebore. Hy matrikuleer in 1971 in Windhoek. Daarna voltooi hy sy studies aan die Universiteit Stellenbosch met ’n Ph.D in Ontwikkelingsbestuur. Kort voor Namibië se onafhanklikheid, keer hy en sy gesin terug na sy hartland. Hy huur ’n plaas in die Gobabis-distrik, waar hy begin boer voordat hy later sy eie grond koop. Hy aanvaar ’n vakante pos by die Ju/‘hoan Boesmanstigting naby Tsumkwe in die Otjizondjupastreek van Namibië. Hier ontmoet hy die filosoof, draadspanner en jagter /Ui Chapman, en deur Piet se persoonlike gesprekke met hom neem sy eerste roman, Die Spoorsnyer, vorm aan. Hy verwerf mettertyd verskeie toekennings met sy skryfwerk. Hy is tans afgetree as emeritus-professor aan die Universiteit van Namibië. Hy en sy vrou bly op hulle plaas naby die Gamsberg van Namibië. Pelgrims en bannelinge is welkom om te kom besoek aflê. Sy lewenstaak is om te skryf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie