‘Ek is ’n kind van Karasburg’
Vir die eerste keer sedert haar aanstelling as die minister van onderwys, vernuwing, jeug, sport, kuns en kultuur, het Sanet Steenkamp, ’n boorling van Karasburg, dié dorp besoek en onder meer ’n draai by haar ou kleuterskool, De Porres, gemaak.
“Ek is ’n kind van Karasburg. Hier is waar ek die eerste keer Nama-geel tee met warm melk gehad het.
“Ek is ook ’n kind van tweede kanse. Ek was die trots van my familie en toe ek universiteit toe is, het ek swanger teruggekom. Ek moes huis toe kom om die familie in die oë te kyk, om te sê ek is jammer, ek het swanger geraak,” het sy gesê.
Die minister onthou ’n dominee het haar destyds in die rigting van onderwys gestuur.
“Ek onthou ’n dominee Husselman het my gevra of ek wil skoolgee. Ek het gesê ek het nie my kwalifikasie klaargemaak nie en dat ek swanger was – en hy het gevra of ek nog wil skoolgee.
“Ek het toe vir twee jaar skoolgegee en ek het my alles gegee. Ek was nie gekwalifiseerd nie, maar ek het alles gegee, want ek het geweet ek het ’n kind om te voed. Dis hoekom ek glo jy moet nie sommer net mense afskryf nie.
“Hierdie was ook die plek waar ons broers vir die Eagles-rugbyspan gespeel het op grond en ons kinders speel steeds so – hoeveel jare gelede was dit nie?” het Steenkamp gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie