Welwitschias seëvier net-net teen Uganda
Dit was ’n naelbytwedstryd vir die Welwitschias teen Uganda in Walvisbaai! ’n Strafskop in die laaste minuut het ’n moeisame oorwinning van 22-19 vir die Welwitschias in hul eerste internasionale wedstryd van die seisoen op Naartjie Park verseël. Die Namibiese rugbyspan kom komende Saterdag om 15:00 teen die Poemas van Mpumalanga by die Hage Geingobstadium in Windhoek te staan en op Vrydag 27 Junie teen Italië. Koop kaartjies aanlyn by https://eticket.my.na/. Foto BRIAN MUNANGO
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie