Strenger vereistes geld vir junior primêre poste
Elizabeth Kheibes
’n Nuwe riglyn van die ministerie van onderwys, vernuwing, jeug, sport, kuns en kultuur het strenger kwalifikasievereistes vir junior primêre onderwysposte ingestel.
Dit het tot verdere frustrasie by duisende werklose gegradueerdes gelei, wat veranderinge aan die werwingstelsel versoek het.
Volgens ’n ministeriële opdrag vervat in ’n kennisgewing van die departement menslike hulpbronne, moet alle onderwysowerhede in die streke asook rolspelers die aanstelling van professioneel gekwalifiseerde onderwysers vir die junior primêre fase, wat preprimêr tot graad 3 dek, prioritiseer.
“Dit sal ooreenstemming met die wetlike bepalings verseker en die belangrikheid van opleiding en werwing van toepaslik gekwalifiseerde onderwysers in die doeltreffende implementering van die kurrikulum beklemtoon,” lui die omsendbrief.
Die nuwe riglyn is onmiddellik van krag. Volgens die ministerie beteken dit dat die formele opdrag van 2019 nou nietig verklaar is weens die toenemende aantal opgeleide onderwysers wat indiensopleidingsprogramme soos die INSET-diploma in junior primêre onderwys (DJPE) sedert 2019 voltooi het.
Volgens die omsendbrief moet alle junior primêre poste gevul word met “toepaslik gekwalifiseerde onderwysers”.
Die onderwyskwalifikasie moet twee tale aandui waarvan een die onderrigmedium (MoI) moet wees.
Die MoI word gedefinieer as die primêre taal waarin ’n onderwyser opgelei word om alle vakke in die junior primêre fase te fasiliteer, uitgesluit ander tale.
Die omsendbrief beskryf ook watter stappe onderwysers kan volg wie se kwalifikasies, soos die onderwysersdiploma vir basiese onderwys (BETD), nie die MoI spesifiseer nie of slegs een taal weerspieël.
Dié aansoekers word aangeraai om die uitvoerende direkteur deur die direktoraat van die Nasionale Instituut vir Opvoedkundige Ontwikkeling (Nied) of die Universiteit van Namibië (Unam) vir verifikasie te nader. Laasgenoemde moet ’n bevestigingsbrief insluit dat hul opleiding in twee tale uitgevoer is en waarvan die Mol een was.
ONDERHOUDE
Die aankondiging kom te midde van groeiende ontevredenheid onder- gekwalifiseerde maar werklose onderwysers, veral in noordelike streke soos Oshana, waar aansoekers gekla het oor herhaalde onsuksesvolle pogings om werk te bekom ten spyte van toepaslike kwalifikasies.
In Junie het dosyne werklose onderwysers in Oshakati betoog en die ministerie daarvan beskuldig dat hy ’n gebrekkige werwingsproses bestuur. Betogers het buitensporige koste vir die bywoning van veelvuldige onderhoude aangehaal, insluitend die koste vir reis, om dokumente te kopieer en oornagverblyf.
Die voorsitter van die Oshana Werklose Gekwalifiseerde Onderwysersvereniging, Mariana Kambonde, het aan Network Media Hub (NMH) gesê sommige kandidate het meer as 400 onderhoude sonder sukses bygewoon.
Sy het ook kommer uitgespreek oor beweerde omkopery en beweer dat sommige onderhoudvoerders betalings van tot N$50 000 geëis het om plasings te verseker.
WERWING
Terwyl die brief verbeterde onderwysstandaarde deur die indiensneming van volledig gekwalifiseerde onderwysers beklemtoon, voer werklose gegradueerdes aan die huidige stelsel is steeds ontoeganklik en omslagtig.
Niemand van die ministerie het gereageer op oproepe wat deur NMH gemaak is nie.
Die aantal werklose onderwysers het skerp gestyg van 8 000 tussen 2017 en 2023 tot ongeveer 15 000 teen middel 2025. Die styging is deur honderde werklose onderwysgegradueerdes beklemtoon wat landswye protesaksies gehou het.
Die groep dring aan op die afskaffing van werksonderhoude en dat die onderwysministerie vroeër in Junie met massawerwing begin.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie