Onderwys – Onderwys, die kerk en die weg na Jerigo
In my onlangse rubrieke getiteld “Kinders, vrese en leuens” en “Is inklusiwiteit die oplossing?” het ek gewonder hoekom die gereformeerde denominasies so min kritiek uitbring teen die volksmoord en uithongering van mense in Gasa.
Dis ook vreemd vir my dat gemeentes nie bydraes uit hul barmhartigheidsfondse vir noodleniging in daardie geweste maak nie. Die Verenigende Gereformeerde Kerk is baie geseënd om die Belydenis van Belhar te hê wat duidelik voorskryf hoe daar na die noodlydendes omgesien moet word. Dit was verblydend om in die Kerkbode van die NG Kerk te lees dat die Algemene Sinode Moderamen (ASM) N$250 000 goedgekeur het vir noodleniging in Gasa. Die ASM sal in November verder besin hoe om nog bydraes te maak. Die ASM het duidelik die grense van sy barmhartigheidsdiens verskuif; ver buite die van eie gemeentes en die denominasie. Die lewensmiddele wat God so mildelik aan ons skenk, moet ook elders aangewend word vir woordverkondiging en die verspreiding van lewensmiddele, aldus die ASM.
Dié besluit van die ASM van die NG Kerk is prysenswaardig en ’n mens kan net hoop dat ander sal volg; die nood is hoog in Gasa!
Hierdie gebaar van die ASM is egter nie kritiek gespaar nie en die organisasie is van die verdraaiing van Bybeltekste beskuldig. Een kritikus is van mening dat Jesus se uitsprake in Matteus, veral waar hy sê: “Wat julle aan die geringstes onder julle gedoen het, het julle aan my gedoen,” is ’n verwysing na Sy eie volgelinge en sluit nie algemene humanitêre projekte in nie. Dit herinner so aan die teenstand wat die apartheidsregering teen humanitêre denkrigtings in die ou Suid-Afrika gebied het. Verder is die outeur van die skrywe van mening dat die saligspreuk, “geseënd is die vredemakers ...” beteken nie vrede teen elke prys nie. Dit lyk my die ASM se besluit geniet nie die breë goedkeuring soos hy verwag het nie. My teologiese onderbou is te skraal om in ’n diskoers oor godsdiens betrokke te raak, maar ek het wel so ’n eiertjie of twee hieroor te lê.
’n Weer-kyk na die reaksie op die besluit van die ASM laat my wonder wat van Jesus se leer van inklusiwiteit geword het. ’n Inklusiwiteit wat geen grense ken nie; ’n inklusiwiteit wat die mure van ras, taal, godsdiens, etnisiteit, seksualiteit en politieke oortuigings soos die mure van Jerigo laat kantel. Hierdie inklusiewe liefde vind seker die beste uitdrukking in die gelykenis van die barmhartige Samaritaan. Die Samaritaan wat die beseerde man op die Jerigo-pad gehelp het sonder om eens te verneem na sy herkoms, etnisiteit, godsdiens en sosiale status. En, moontlik was die beseerde ’n Jood wat nie baie liefde vir die Samaritane gehad het nie.
Nou, hoe relevant is hierdie bespreking vir onderwys. Die besluit van die ASM van die NG Kerk leer ons om empatie te betoon en om vir ander buite ons eie leefruimte te gee. Maar, wat is die impak van die heftige reaksie teen die besluit van die ASM? Skole is veronderstel om veilige hawens vir kinders te wees. Dit is die plekke waar kinders veronderstel is om te leer en om elke geleentheid wat hulle op hul pad na volwassenheid gebied word, vreesloos aan te gryp. Maar, nou vind navorsing dat kinders deur boelies geteiken word vanweë hul godsdienstige en seksuele oriëntasies. Verder nog, hulle is bang om hulle oor hierdie kwessies uit te druk vanweë hul vrese om gespot of selfs aangerand te word. Die boodskap aan volwassenes is baie duidelik. Daar is niks daarmee verkeerd om anders oor sekere sake te voel nie, maar ons moet versigtig wees hoe ons hierdie kwessies in die openbaar artikuleer. Laat die wie ore het om te hoor, hoor!
– [email protected]
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie