NG Kerk Namibië: Tyd vir hervorming?
BEKOMMERD SKRYF:
Soos in nou onlangs het die NG Kerk Namibië sy bande met die NG Kerk Suid-Afrika opgeskort oor ’n relaas wat al baie jare aankom: gay huwelike en gay predikante. Ongeag wat die Bybel ons leer rondom hierdie onderwerp, het dit jare geneem om tot daardie punt te kom. Intussen is baie lidmate binne die kerk omgekrap en het hulle by ander gemeentes en kerklike bewegings ingeskakel, juis oor die voetslepery deur die NG Kerk se besluit oor so ’n onderwerp.
Die Bybel is baie duidelik oor hierdie onderwerp en verwag net ’n beslissende optrede. Selfs gemeentes het weggebreek omdat die NG Kerk Namibië nie ’n beslissende besluit hieroor kon neem nie. Met ander denominasies, gemeentes en kerklike bewegings word verwys na Christelike organisasies en nie dweepbewegings (sic) nie.
Tydens die 19de sitting van die Namibië Sinode het ’n paar dringende sake na vore gekom, wat insluit die finansiële drakrag van gemeentes en die erodering van gemeentegetalle. Finansies gerig op kapitalisme speel ’n al hoe groter rol binne die kerk en die erodering van lidmaatgetalle het ’n direkte invloed daarop.
Nou waar lê die probleem dan? Die NGK bestaan uit vyf groepe: die Sinode, Ringkomitees, predikante, gemeentes en lidmate. Alle mag is binne die Sinode en die uitvoerbaarheid daarvan by die Ringkomitees gesentreer. Die gemeentes en lidmate het al hoe meer slegs die geldbronne geword.
Die stereotipiese magsbedryf van die Sinode en Ringkomitees het al hoe meer onaanvaarbaar vir gemeentes en lidmate geword. Nou word gevra, wat het binne die NG Kerk verander? Sedert 1957 tot tans en ná 68 jaar het alles dieselfde gebly en het die NGK nie by veranderende omstandighede aangepas nie. Alles het dieselfde gebly en veral die beginsel van “alles behoort aan die Sinode“ het al minder byval gevind.
Gemeentelede het gekom en gegaan maar gemeentes bestaan steeds ná 68 jaar. Soos reeds genoem, daar is vyf partye en aandeelhouers binne die NG Kerk, maar die Sinode het die mag oor alles en alle bates. Wie het gemeentes daar gestel? Nie Sinodes of Ringkomitees nie maar die gemeentelede self. Wie het fondse bewillig en na die tafel gebring sodat gemeentes kon bestaan en Sinodes en Ringkomitees befonds kon word, om bematig te kon word? Wie betaal predikante se salarisse? Vandag geld die bestaansreg van kleinere gemeentes al minder en word meer en meer as ’n las vir Ringkomitees gesien. Daar waar die geldnood dreig word vinnig gekyk na watter bates verkoop kan word en dit sluit kerkgeboue in. Dit het reeds gebeur en sal weer gebeur. Kommunikasie met kleiner gemeentes vind byna glad nie meer plaas nie en werks- en gemeentebesoeke is iets nuuts vir bestaande Ringkomitees. Maar hulle wil steeds hul mag en invloed laat geld. Dit staan gemeentelede nie meer aan nie en die tyd vir ’n “kindergartenbedryf“ en septerswaaiery is glad nie meer aanvaarbaar nie. Wanneer laas het die Ringkomitees ’n opname by gemeentes aangevra oor die armoede binne daardie gemeentes, siektetoestande, huisbesoeke, gemeentebyeenkomste, basaars, Christelike geleenthede, ens? Wanneer laas is byvoorbeeld Bybels bewillig vir verspreiding binne gemeentes?
Daar word ook vergeet dat NG Kerk-gemeentes binne algemene gemeentegroepe in dorpe bestaan en uitreik met betrekking tot dienslewering en goeie kommunikasieverhoudings. Predikante moet uit hul “comfort zone“ binne die groter dorpe kom en begrip vir die beperkte lewenswyses van lidmate in “armer“ dorpe hê. Dit as sodanig is ’n veel groter verantwoordelikheid as die wakende magsbasis van die Ringkomitees.
Ringkomitees moet ook nie stereotipies in hul besluitneming wees nie en gemeentes toelaat om kreatiewe, bevorderlike besluite te neem.
Dis tyd vir hervorming en vir die Namibië NG Kerk om hand in eie boesem te steek, anders sal baie predikante binne die volgende vyf jaar sonder werk wees. Waarom daar tans twee of meer predikante per gemeente bestaan, weet nugter alleen.
Kapitalisme en sosialisme behoort geen plek binne kerkverband te hê nie. Die burokratiese werkmetodes en magsbesit binne die NG Kerk moet afgeskaf word of nog meer lidmate en befondsing sal die kerk verlaat.
Verder verwys die 19de sinodesitting ook na gebrekkige kommunikasie met gemeentes en dit is feitlik korrek en bestaan wel. Vervolgens verwys die sitting ook na die “gewysigde Kerkorde“ wat aan Moderamen voorgelê moet word vir goedkeuring.
Watter rol het gemeentes en lidmate daarin gespeel? Geen. Wette en regulasies word mos nie gewysig en aangepas sonder dat alle partye ’n kans gegun word om ’n rol daarin te speel nie. Dit verwys weer eens na die burokrasie binne die NGK en dit krap lidmate om. Daar word toenemend gesê die Kerkorde bestaan net om predikante, die Ring en Sinode te bevoordeel en te beskerm en nie die groter groep binne die NG Kerk nie.
Volgens die sinodesitting is die doelwitte juis die volgende wat ver te kort skiet:
– Kies om eenheid te bevorder (net moontlik as alle partye op gelyke voet geplaas word, sonder gemeentelede kan die NGK nie bestaan nie).
– Kies vir liefde en waarheid (net moontlik deur volgehoue dialoog en verrykende kommunikasie na beide kante, eenrigtingkommunikasie werk nie binne ’n demokratiese bestel nie).
– Kies om brûe te bou (net moontlik as respek vir ander Christelike bewegings voorgehou word, die NG Kerk is nie die alfa en omega van Christenskap nie. Christene aanbid net een God, die ware God en niks anders nie).
NG Kerk Namibië, die voorafgaande wys op groot tekortkominge en groot hervormings in die werkswyses van die NG Kerk lê voor en vinnige aanpassings tot ’n veranderende tydperk word genoodsaak.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie