Japan skenk higiënepakkies van N$8,5 m.

Eliot Ipinge
Die regering van Japan het water-, sanitasie- en higiëne- (WASH)-voorrade ter waarde van N$8,5 miljoen aan ­Namibië deur ’n vennootskap met die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef) en die ministerie van gesondheid en ­maatskaplike dienste geskenk. Die items is amptelik deur Japan se ambassadeur in Namibië, Asazuma Shinichi (regs), tydens ’n ­besoek aan die gesondheidsdirektoraat in die Khomasstreek se pakhuis in Windhoek oorhandig. Unicef se verteenwoordiger, ­Samuel Kweku Ocran, het gesê die skenking sluit noodsaaklike higiëne-ondersteuning in wat daarop gemik is om kwesbare gemeenskappe te help. Dit sal na die vier streke van Omaheke, Zambezi, Omusati en Kunene versprei word. Foto Eliot Ipinge



Kommentaar

Republikein 2025-08-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer