Damvlakke styg ná goeie reën

Verskeie damme ontvang eerste invloei
Voertuie in Outjo en die noorde van die land het die afgelope naweek in die moeilikheid beland weens stygende riviervlakke.
Tanja Bause
Dele van die land het die afgelope naweek reën ontvang met die verre Suide en Noorde wat die hoogste reënval aangeteken het.

Sommige damme het selfs hul eerste invloei gehad.

“In Outjo is 30 mm gemeet, maar in die opvangsgebied noord van Outjo het dit meer as 80 mm gereën,” het Jaco Labuschagne van die Outjo-munisipaliteit se gesondheids- en tegniese afdeling gesê.

“Die bestuurder van ’n Polo-sedanvoertuig het in die rivier gery en die voertuig is meegesleur. Die munisipaliteit se nooddienste het met ’n brandweervoertuig in die rivier ingery om hulp te verleen. Hulle het ’n kind uit die voertuig gered en na veiligheid gebring.”

Volgens Helmuth Howoseb van die meganiese afdeling van die munisipaliteit het hy die brandweervoertuig gebruik om die insittendes te help.

“Die pa het die kind van ongeveer 12 deur die venster op die voertuig se dak gehelp sodat hy hoër was. Ek het die voertuig so naby as moontlik aan die Polo gery, deur my venster geklim en op die enjinkap nader aan die kind begin kruip.

“Ek het die kind gevat en ons het weer deur die venster na veiligheid geklim,” het Howoseb gesê.

“Die water het begin om sterker te vloei en ons het ’n laaigraaf ingespan om die pa na droë grond te bring. Dit het alles so tussen 19:00 en 20:00 gebeur. Ons kon omstreeks 22:00 die voertuig uithaal nadat die watervlak gedaal het.”

“’n Mercedes-sedanvoertuig het ook in die moeilikheid beland, maar dit was by ’n ander deel van die rivier wat meer toeganklik is. Die rivier vloei oor twee hoofpaaie in die dorp. Die Mercedes het naby die hospitaal in die moeilikheid beland en is deur inwoners uitgehelp,” het Labuschagne gesê.

Howoseb het almal gemaan om nie ’n rivier wat vloei te onderskat nie.

“Dit kan op die oppervlak nie so sterk lyk nie, maar dan spoel dit onder die oppervlak. Die water kan ook gate maak wat jy nie kan sien nie. Wag eerder tot dit veilig is voordat jy in die moeilikheid beland,” het hy gesê.

NOG REëN

Op Epupa Falls Lodge & Campsite se Facebookblad is daar ’n foto gedeel van ’n toeristevoertuig wat in ’n rivier omgeslaan het.

Die voorval het ook Saterdag in Ohandungu net voor Okanguati plaasgevind.

“As jy nie deur die rivier kan loop nie, moet jy nie deur dit probeer ry nie. Maar seker en loop eers deur,” het hulle op die blad geplaas.

Op die plaas Bosrand in die Okahandja-distrik het dit volgens Sonja Bachran vanaf 1 tot 3 Februarie altesaam 109 mm gereën. Sy het die inligting op die Facebookblad Reën in Namibia geplaas.

Die Tsauchabrivier in die Suide het deur die Sesriem-canyon gevloei. ’n Video van die Kuisebrivier in die Khomas Hochland wat begin loop, is ook gedeel.

Ook by Eunda Onesi in die Noorde het dit Saterdag volgens Anne-Marie Marais 57 mm gereën. Nader aan Epalela is 108 mm gemeet, het sy geskryf.

DAMVLAKKE

Ellanie Smit van Republikein se susterkoerant Namibian Sun berig dat verskeie van Namibië se opgaardamme die afgelope week hul eerste invloei vir die jaar ontvang het.

Altesaam 1,72 miljoen kubieke meter water is die afgelope week in vyf opgaardam aangeteken.

Volgens NamWater se jongste dambulletin wat Maandag uitgereik is, het sentraal-Namibië ’n invloei van 0,968 miljoen kubieke meter in sy damme ontvang en staan nou op 25%.

Dit in vergelyking met die vorige seisoen toe dié damme 45,1% vol was. Die Swakoppoortdam is 43,1% vol, die Von Bachdam 12,3% en die Omatakodam 1,2%, nadat dit ’n invloei van 0,529 miljoen kubieke meter water ontvang het.

Die driedamstelsel voorsien Windhoek van water en die totale gemiddelde vlak van hierdie damme staan op 21,8%, vergeleke met verlede seisoen se 42,4%.

Die Friedenaudam is tans 57,1% vol, en het ’n invloei van 0,072 miljoen kubieke meter water gehad. Die Goreangabdam is 98,5% vol, met ’n invloei van 0,367 miljoen kubieke meter water.

In die Suide staan die gemiddelde vlak van die damme op 64,7%, vergeleke met verlede seisoen toe dit 78,8% vol was.

Die Neckartaldam, Namibië se grootste dam, is op 85,4% van sy kapasiteit, vergeleke met verlede seisoen se 92,7%. Die vlak van die Hardapdam naby Mariental het tot ’n skamele 16,3% gedaal en wanneer die dam ongeveer 6% van sy kapasiteit bereik, sal alle rou water na die Hardapskema stop.

Die Nautedam is 44% vol en het ’n invloei van 0,745 miljoen kubieke meter water ontvang terwyl die Oanobdam 45,2% vol is. Beide die Dreihukdam en die Bondelsdam is leeg.

In die ooste van die land is die totale gemiddelde damvlakke slegs op 3,6% teenoor verlede seisoen se 13,4%. Die Otjivero-hoofdam is 5,2% vol en dit het ’n invloei van 0,007 miljoen kubieke meter gehad. Die Tilda Viljoendam is 13,2% vol en die Daan Viljoendam staan op 7,8%.

In ander dele van die land is die Olushandjadam in die Oshanastreek 43,4% vol, vergeleke met verlede seisoen se 15%. Beide die Omaruru-deltadam in die Erongostreek en die Omatjennedam in die Otjozondjupastreek is leeg, dieselfde as verlede seisoen.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.79 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.25 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 383.79/OZ UP +0.25% | Copper US$ 4.90/lb UP +1.21% | Zinc US$ 2 978.00/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 83.65/BBP DOWN -0.0015 | Platinum US$ 1 058.22/OZ DOWN -0.0032 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.79 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.25 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 383.79/OZ UP +0.25% | Copper US$ 4.90/lb UP +1.21% | Zinc US$ 2 978.00/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 83.65/BBP DOWN -0.0015 | Platinum US$ 1 058.22/OZ DOWN -0.0032