Gratis minute ter ere van Geingob
Die mobiele telekommunikasiemaatskappy, MTC, bied ter ere van wyle president Hage Geingob 82 gratis minute aan al sy kliënte om plaaslike oproepe te maak. Die inisiatief het reeds in werking getree en eindig op 25 Februarie.
“Dr. Hage Geingob, Namibië se derde president, het ’n onuitwisbare merk op die nasie gelaat. Sy onwrikbare ondersteuning vir vooruitgang, eenheid en maatskaplike geregtigheid gaan voort om generasies te inspireer. Soos ons sy bydraes vier, wil MTC sy visie eer om mense oraloor in Namibië met mekaar te verbind,” het MTC in ’n verklaring gesê.
Volgens die verklaring simboliseer die getal 82 meer as net blote minute vir ’n oproep. Dit verteenwoordig ook die kosbare oomblikke wat ons lewens vorm. Die maatskappy sê voorts die getal simboliseer Geingob se lewensjare en beklemtoon elke minuut het die potensiaal vir gedeelde herinneringe en ’n verbintenis.
MTC het ’n beroep op kliënte gedoen om die geleentheid aan te gryp om “uit te reik, liefde uit te druk en die nalatenskap van Geingob as leier van die Namibiese nasie te onthou”.
MTC het reeds gister die gratis minute op sy kliënte se selfone gelaai.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie