Die hoog gerekende Suid-Afrikaanse swemafrigters Graham Hill (heel regs voor) en Dean Price (derde van links voor) saam met die groep Namibiese swemmers en afrigters wat aan hul oefenkamp deelgeneem het. Foto Andrew Poolman
Die hoog gerekende Suid-Afrikaanse swemafrigters Graham Hill (heel regs voor) en Dean Price (derde van links voor) saam met die groep Namibiese swemmers en afrigters wat aan hul oefenkamp deelgeneem het. Foto Andrew Poolman

Talent hier beïndruk SA meesterafrigters

Swem
Strategiese beplanning is gedoen om Namibiese swemmers in die komende jare op die pad na maskimale sukses te plaas.
Andrew Poolman
’n Gulde geleentheid wat bra onwaarskynlik is om in enige betrokkenes se leeftyd herhaal te word, is verlede week deur ’n groep Namibiese swemmers en swemafrigters aangegryp.

Swem Suid-Afrika se huidige nasionale hoofafrigter Graham Hill asook die ewe ervare Dean Price, een van sy mentors en voorgangers, het verlede week in Windhoek deurgebring vir ’n oefenkamp wat in samewerking met die Namibiese Swemfederasie en die sport se wêreldbeheerliggaam FINA gekoördineer is.

Hill en Price se prestasielys as afrigters sluit vele Olimpiese medaljewenners en wêreldkampioene van die afgelope jare in – insluitend name soos Chad le Clos, Ryk Neethling, die Paralimpiër Natalie du Toit en Zimbabwe se bekroonde huidige minister van sport, Kirsty Coventry, in.

“Om vir Graham en Dean albei beskikbaar te kry om ’n week saam met ons deur te bring, het samewerking van al die rolspelers gekos – waarvoor ons baie dankbaar is,” het een van die plaaslike deelnemende afrigters gesê.

“Die hele week was van groot waarde vir al die afrigters en sowat 22 swemmers. Dit was belangrik dat Graham en Dean eerstehands kon beleef hoe ons swemfasiliteite lyk en wanneer hulle enige idee bevestig het wat swemmers reeds van hul eie afrigters gehoor het, wys dit dat ’n mens op die regte pad is.

“Tussen hulle besige program van internasionale reise en wêreldkompetisies deur, is dit byna ondenkbaar dat ons sommer gou weer so ’n geleentheid vir sulke noue kontak sal kry.

“Graham en Dean kon die boodskap tuisbring watter hoë intensiteit dit verg om ’n suksesvolle internasionale swemmer te wees. Hulle het ons ook met nuwe idees op datum gebring. Dis belangrik om deurentyd bereid te wees om te leer en te verbeter. Die week was vir almal van ons van groot waarde.”

SA MANNE HELP BEPLAN

Hill, wat sedert 2000 ’n lid van Suid-Afrika se Olimpiese afrigterspan is en by verskeie kere die land se swemafrigter van die jaar was, het in ’n onderhoud met die koerant gesê die entoesiasme van die groep swemmers en afrigters tydens die oefenkamp was ongelooflik.

“Van die Namibiërs het verlede maand in Durban deelgeneem en van julle swemmers het sommer groot vertonings gelewer. Ons het hulle al by ons streek- en nasionale kampioenskappe dopgehou en ek het groot ontsag vir julle poel van talent. Hulle is hardwerkend en gewillig om te leer en hul dissipline is ongelooflik.

“Uit my oogpunt is die toekoms van Namibiese swem sommer blink as hulle op dié pad voortgaan.”

Price, sy mede-afrigter van KwaZulu-Natal, sê hierdie is sy derde besoek aan Namibië, insluitend ’n vorige oefenkamp met ’n groep junior swemmers op Swakopmund.

“My rol as besturende direkteur van Swem Suid-Afrika se hoëprestasieoprgram was om die strategiese toekomsrigting van die sport in Namibië oor die komende jare te help beplan, met inagneming van die sterk en swak punte.

“Beide ek en Graham is werklik beïndruk met die fenomenale vlak van swemtalent hier.

“Ons het begrip dat hulpbronne vir die sport nodig is en dat reise tussen buurlande in Suider-Afrika glad nie so vinnig en maklik as vir Europese lande is nie. Hier kos dit dalk ’n dag of twee of drie se ry – eerder as twee of drie ure.

“Om dieselfde rede het ons ook nie deurentyd die deurlopende druk of topvlak kundigheid by ons voordeur nie. ’n Gevolg hiervan is dat swemmers geneig is om hul skerpheid ’n tikkie of twee te laat daal tussen kompetisies deur.

“Die uitdaging is dus om swemmers deurentyd te monitor en gemotiveerd te hou en ’n program op te stel om op hul beste te wees en fantastiese swemmers te word. Graham het die ondervinding om iemand soos Chad le Clos af te rig tot waar hy Michael Phelps, die beste borsslagswemmer van alle tye, te kon klop en kon ook sy insette lewer om tuis te bring wat dit verg om dié vlak te bereik.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.79 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.25 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 383.79/OZ UP +0.25% | Copper US$ 4.90/lb UP +1.21% | Zinc US$ 2 978.00/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 83.65/BBP DOWN -0.0015 | Platinum US$ 1 058.22/OZ DOWN -0.0032 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.79 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.25 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 383.79/OZ UP +0.25% | Copper US$ 4.90/lb UP +1.21% | Zinc US$ 2 978.00/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 83.65/BBP DOWN -0.0015 | Platinum US$ 1 058.22/OZ DOWN -0.0032