Sewespan kry swaar in Bloemfontein
Skolerugby
Die nuwe kombinasie speel vir die eerste keer saam.
Die Namibiese onder 17-sewesrugbyspan moes vinnig aanpas by die spelpeil van die Suid-Afrikaanse provinsiale toernooi in Bloemfontein waarin hulle gister begin meeding het.
Die nadeel dat Namibië minder gereeld in sewestoernooie blootgestel word – ’n verskynsel wat ook die nasionale senior span gereeld kortwiek – het ook die skolespan op dag een beïnvloed.
Hoewel dit dié kombinasie onder kapteinskap van Zack von Wielligh se eerste wedstryd saam was, het dit wel met tye deurgeskyn waartoe hulle werklik in staat is.
In die span se openingswedstryd teen die Goue Leeus was die Gautengers met 12-0 voor, voordat die Namibiërs hul eerste kans vir punte afgerond het. Van ’n skrumingooi in die Leeus se kwartgebied het die skrumskakel Dominique Izaaks na regs gebreek en die losskakel/heelagter William Beukes het ook skuins gehardloop, voordat hy met ’n skêrbeweging die vleuel Alejandro Morkel binnetoe gestuur het. Morkel het homself van een opponent weggestamp om naby die pale te gaan druk, maar Beukes se doelskop was mis.
Dit was uiteindelik die Namibiërs se enigste punte teen die vaardige Leeus, wat die wedstryd met 36-5 beklink het.
Wedstryd 2 teen die Luiperds het effens beter verloop, maar die Namibiërs het steeds met 7-17 verloor. Hul enigste punte is deur die senter Soobramoney Sammy (drie) en Alexandro van Wyk (doelskop) aangeteken.
Vir oulaas het die Oostelike Provinsie ook te veel skietgoed gehad in ’n oorwinning met 40-12. Sammy en Tjeripo Karuhumba het vir Namibië drieë gedruk, waarvan een deur Van Wyk verdoel is.
• Die Namibiërs speel vroeg vanoggend, omstreeks 07:50, teen Griekwas.
Die wenner word volgende (10:50) geskeduleer teen die wenner van die vorige wedstryd (Luiperds teen Pumas, 07:30). Die onderskeie verloorders speel om 10:10 teen mekaar, in die uitspeelformaat vir finale posisies in die toernooi.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie