Só sal semifinaliste aantree
Skolerugby
Die haastige vleuel Suramie Qhena-Kambombo het gister die eerste en laaste drieë vir die eerste rugbyspan van Schoemans-groep Windhoek Gimnasium op Swakopmund gedruk om ’n opwindende en spannende oorwinning teen PSG Pro-Ed Akademie te help beklink.
Die uitslag van 31-23 in die Windhoekers se guns besorg aan hulle volpunte en beteken dat hulle die Standard Bank onder 19 Superliga aan die bopunt van die agt skole sal afsluit.
Gimnasium en Samsung Windhoek Hoërskool eindig beide op 59 ligapunte, maar die verdedigende titelhouer se beter punteverskil plaas hom eerste.
Dit het gister ook bekend geword dat Pro-Ed – waarskynlik die verrassing van die seisoen – sy onttrekking van komende Saterdag se wegwedstryd teen Autohaus Windhoek Affies bekendgemaak het. Dit sou die Swakopmunders se derde binne ’n week gewees het en sou ook minimale invloed op die reeds bepaalde topvier gehad het.
Die uiteinde is dat Gimnasium sy semifinaal op die naweek van 1-2 September teen Pro-Ed sal speel. Die Koedoebulle van WHS sal (soos verlede jaar) teen Affies te staan kom.
Skaars 30 sekondes ná gister se eerste afskop het Kambombo ’n ambisieuse teenaanval deur Pro-Ed met ’n onderskepdrie van die halflyn af gestraf.
Gimmies was redelik gou met 19-3 voor. Teen rustyd was dit 19-13, maar hierna het Pro-Ed gereageer en die verskil tot 24-23 laat krimp, voor Kambombo weer in die doodsnikke flink afgerond het vir sy tweede drie.
Tussenin het die flank Ruan Agenbag drie drieë vir Gimmies gedruk, terwyl skrumskakel Denver Beukes drie keer verdoel het.
Vir Pro-Ed het flank JC Labuschagne (’n drie), skrumskakel Waldo Human (’n drie) en losskakel Maughan Jarman (’n drie, een doelskop en twee strafdoele) punte aangeteken.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie