O.13-span speel in Kaap

Sewesrugby
Mariud Ngula
Die Namibiese Skolesportunie stuur sy onder 13 sewesrugbyspan om vanaf Donderdag tot Saterdag aan ’n toernooi in Worcester in die Wes-Kaap deel te neem.

By die oorhandiging van hul nasionale kleure by die klubhuis van Windhoek Gimnasium het die hoofafrigter Bevan Botha gesê die span verwag ’n klompie moeilike wedstryde teen die Suid-Afrikaanse provinsiale spanne.

Die toernooi word by die veld van HTS Drostdy aangebied. Die Namibiërs se openingswedstryd is teen die Westelike Provinsie geskeduleer, met later wedstryde teen Boland en die Leeus.

Die spankaptein Carel van Heerden, wat vanjaar ook as agtsteman die kaptein van die Namibiese span by die o.13 Cravenweek was, sê: “Ons is goed voorbereid vir die toernooi en ek glo ons sal goed vaar.”

Die spelersgroep van vyftien is:

Carel van Heerden (kaptein, Windhoek Gimnasium)

Rayden Pretorius (onderkaptein, Suiderhof)

Stefan Kruger (WAP)

Daryl Sibanda (Windhoek Gimnasium)

Armand Scholtz (Windhoek Gimnasium)

Gordon Beresford (Laerskool Walvisbaai)

Elijah de Klerk (Parkies)

Vezenga Mujoro (Parkies

JJ Smith (Pro-Ed Akademie)

Henis Brand (Parkies)

Keanan Abraham (Laerskool Ruimte)

Brooklyn Bertolini (Suiderhof)

Hiam van Wyk (St. Joseph’s)

Alexander Coetzee (WAP)

• Die gewaardeerde borge wat die span se toer moontlik gemaak het, was Eco Projects, Smith Sales & Services, Steckels Toyota, Prosperity Health, The Sibanda Family en Property Valuations Namibia

Kommentaar

Republikein 2024-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° #N/A #N/A