Gim Leeus vandag op Swakop
Skolerugby
Die tweede laaste rugbywedstryd in die ligaseisoen van die Standard Bank o.19 Superliga word vanmiddag op Swakopmund by die veld van PSG Pro-Ed Akademie gespeel.
Dié skool se eerste span kry sy kans (afskoptyd 16:30) teen die verdedigende titelhouer, die Schoemans-groep Windhoek Gimnasium Leeus.
Pro-Ed (tans vierde) en Gimnasium (tweede) is beide reeds verseker van hul plek in die halfeindstryd.
Die Windhoekers kan met ’n oorwinning in hul laaste ligawedstryd vanaf tweede tot eerste op die puntelys opskuif – gelyk met Samsung WHS se 59 ligapunte, maar met ’n beter punteverskil.
Pro-Ed het laas Saterdag met 26-17 in sy wegwedstryd teen Elnatan op Stampriet gewen en sal ná vandag met sy derde wedstryd binne ’n week afsluit, naamlik in ’n wegwedstryd teen Autohaus Windhoek Affies. Laasgenoemde afspraak sal bepaal wie van Affies of Pro-Ed derde of vierde klaarmaak.
Pro-Ed se tuisrekord vanjaar sluit ’n merkwaardige reeks van drie naweke in waarin hulle so byna ’n derde opeenvolgende opponent verhinder het om enige punte aan te teken, in oorwinnings teen Moria (40-0), Tsumeb Gimnasium (29-0) en PSG Walvisbaai Privaatskool (24-5).
Die Swakopmunders se enigste nederlaag in die Superliga was op 20 Mei by Vegkopstadion, met 15-39 teen WHS.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie