Energy reg vir eerste titelgeveg van 2024
Boks
Fillipus “Energy” Nghitumbwa het ’n kort boksgeveg tussen hom en sy Chinese opponent voorspel.
Die Namibiër sal op 23 Maart tydens die MTC Nestor “ Sunshine” Tobias-boksakademie se Independence Boxing Bonanza by die Ramatex-saal in Windhoek teen Zhong Liu te staan kom.
Nghitumbwa en Liu sal vir twaalf rondes in die hoofgeveg vir die Wêreldboksorganisasie (WBO) se superkapokgewig streektitel deur die toue klim.
Energy spog met 17 gevegte waarvan hy 15 gewen en twee verloor het. Hy het twaalf uitklophoue behaal.
Liu (32) het 20 gevegte, 19 oorwinnings en een loesing op sy kerfstok met sewe uitklophoue. Hy is reeds vir agt jaar ’n geldbokser.
Die 28-jarige Nghitumbwa se professionele loopbaan het ses jaar gelede afgeskop. In sy mees onlangse geveg het hy op 12 Desember 2023 in Windhoek teen Thato Bonokoane om die vakante WBO Afrika-gordel baklei en ’n sege in die eerste ronde met ’n tegniese uitklophou bewerkstellig.
Die Namibiër is vinnig en sterk, met uitstekende boksvernuf, terwyl sy ken ’n harde hou kan verdra.
Rakende sy komende geveg teen Liu sê Energy hy wil nie die aand vir Liu te lank uitrek nie.
“Ek wil net seker maak ek klop hom. Ek het reeds goed vir die geveg voorberei en ek nooi boksondersteuners om in groot getalle op te daag. Kom kyk na die jong talent voor die hoofgeveg en daarna sal ek in die hoofgeveg my beste vertoning vir julle lewer,” het Energy gister by ’n nuuskonferensie beloof.
Liu het sy laaste geveg op 15 Desember 2023 teen Sam Goodman (25) van Australië met ’n eenparige puntebeslissing oor 12 rondes in Sydney verloor. Lui beskik oor die vermoë om vinnig in die kryt te beweeg, maar dit het hom nie gered om sy eerste professionele geveg te verloor nie.
Die boksbonanza by Ramatex beloof topklas voorgevegte.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie