Die minister van myne en energie, Tom Alweendo. Foto Argief
Die minister van myne en energie, Tom Alweendo. Foto Argief

Bestaande myne en lisensies veilig

Vrese van staatsbesit besweer
Internasionale mediaberigte het minister Tom Alweendo buite konteks aangehaal deur te sê die regering wil 'n belang in alle myne in Namibië hê.
Jo-Maré Duddy
Bestaande myne, sowel as bestaande minerale- of petroleumlisensiehouers in Namibië hoef nie te vrees dat die regering 'n belang in hul bedrywighede gaan opeis nie.

Die ministerie van myne en energie het gister 'n sterk bewoorde verklaring uitgereik in reaksie op internasionale mediaberigte vandeesweek dat die regering 'n belang in alle myne in die land wil hê.

"Die regering het geen voorneme om enige belang van bestaande minerale- of petroleumlisensiehouers in Namibië te onteien nie en bly toegewyd om die onskendbaarheid van die kontrak(te) te handhaaf," het die senior woordvoerder van die ministerie, Andreas Simon, gesê.

Reuters en Bloomberg het vroeër die week die minister van myne en energie, Tom Alweendo, aangehaal en berig: "Die voorgestelde staatsbesit moet die vorm aanneem waar die staat 'n minimum persentasie van die aandele in alle mynmaatskappye en petroleumproduksie besit, sonder dat dit daarvoor hoef te betaal."

Op loop

Alweendo het dit inderdaad in sy openingstoespraak Maandag tydens 'n parlementêre slypskool oor die optimisering van mynbou- en energiepotensiaal op Swakopmund gesê.

Direk vóór dit het hy egter na Artikel 100 van die Namibiese Grondwet verwys, wat stipuleer dat "natuurlike hulpbronne onder en bo die oppervlak van die land en op die kontinentale plaat aan die staat behoort, tensy hulle andersins wettig besit word".

Hierdie feit is nie deur Reuters of Bloomberg in hul berigte vermeld nie.

Internasionale media het op loop gegaan en baie van hulle het selfs die woord "nasionalisering" in hul berigte gebruik.

Dit het aandeelhouers in internasionaal genoteerde maatskappye met mynboubates in Namibië die skrik op die lyf gejaag. Aandeelpryse in sommige maatskappye het tussen 7% en 20% op aandelebeurse in Australië, Kanada en Londen geval.

Paladin Energy, die meerderheidsaandeelhouer in die Langer Heinrich-myn in Namibië, moes Dinsdag verhandeling op die Australiese aandelebeurs (ASX) opskort toe hul aandeelprys met ongeveer 20% getuimel het.

Die ministerie van myne en energie het gister gesê hulle is "teleurgesteld" in die "wanopvattings" gegrond op Alweendo se opmerkings.

Regverdig

Alhoewel die regering nie 'n belang in bestaande mynbedrywighede en lisensies sal eis nie, bly die werklikheid dat Namibiërs benadeel word en benadeel bly omdat hulle dalk nie die finansiële en ander middele het om hul regte met betrekking tot natuurlike hulpbronne uit te oefen nie, het Simon gesê.

"As sodanig kan die staat as opper-eienaar van dié natuurlike hulpbronne 'n sekere minimum belang deur staatsondernemings soos Epangelo Mining of Namcor in enige minerale- of petroleumlisensies vereis wat moontlik in die toekoms uitgereik sal word," het hy gesê.

Simon het bygevoeg: "Die Namibiese mense het 'n regmatige verwagting om 'n aandeel in die eksplorasie en mynbou van ons land se natuurlike hulpbronne te hê. Deurdat baie Namibiërs dalk nie die individuele vermoë of die nodige hulpbronne het om die regté in hul individuele kapisiteit te bekom nie, sou dit regverdig wees dat die regering dit namens hulle verkry."

Balans

Die regering sal dié regte op 'n gebalanseerde wyse en in die belang van beide beleggers en die Namibiese nasie uitoefen, het Simon gesê.

"Die ministerie wil graag beklemtoon dat dit 'n normale praktyk in Namibië is, veral in die petroleum- en mynbousektore, en dat ons sodanige praktyk in die belang van al ons belanghebbendes moet handhaaf."

Die ministerie het huidige en potensiële beleggers verseker dat die beginsels van demokrasie en die gesag van die wet in Namibië gehandhaaf word. Dit is in die Grondwet geanker en word deur 'n onafhanklike regsbank toegepas.

"Ons regering het reeds telkemale bewys dat ons hierdie wetgewing respekteer en daardeur gelei word," het Simon gesê.

Kommentaar

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%