Charlotte
Charlotte

Se maar net

Mandy Rittmann
Charlotte Beukes-Muundjua - [email protected]

Die duiwel dra 'n das

My minse, glo my. So waar as padda manel dra, net so waar dra die duiwel 'n das!’ Die een in die kerk, die ander in die parlement. Van vensterhoogte ouderdom was ek grillerig oor die magdom reëls rondom godsdiens en politiek. Die mees mens-beheerde gesagtes (hoe kontrasterend die term 'gesagtes'). In my kinderlike brein was dit 'ṅ riller moewie, 'ṅ nimmereindigende spookstorie. Het toe reeds besef dat oorlog se vonk begin by onversoenbare geskille tussen politiek en godsdiens. As tiener was ek gemerk 'ṅ polemikus. Ontydige vrae in godsdiensklasse oor die oneindige oorlog in die Heilige Land, Israel.

Vandag kyk ek na die Suid-Afrikaanse politiek en ampte en verkiesingsveldtogte - dis erger as kinderkots ná Krismisete. En of ons nou breëbors voel oor ons onafhanlikheid, Namibië suig nog indirek aan 'n paar spene van Suid Afrika, dus relevant in my opsomming. Namibië se politiek is net 'ṅ kleiner sirkus, maar die spelers raak meer desperaat vir status en of weelde. Dis 'ṅ skreiende skande dat ná 34 jaar van onafhanklikheid, fondamentele staatsdienste nog kreupel is. Gesondheid en opvoedkunde kreun. Hoe walglik om die nuwe multimiljard SWAPO-gebou in al sy glorie te sien regoor die patetiese staatshospitaal.

'ṅ Paleis regoor 'ṅ murasie, 'ṅ muisnes. Hoekom nie liefs 'ṅ ander perseel gekies het om nóg 'n dwase besluit minder opvallend te maak nie? Namibië en Suid-Afrika is twee ryk buurlande met hoë toerismestatistieke, maar met knagende rotte in die belastingbetaler se skatkis. Ja, julle het reg gehoor - die leiers is aan bewind om te bestuur, maar die volk sweet om die skatkis te vul.

Dit blyk dat politici gegradueer het by 'n eksklusiewe universiteit van Leë belofte-lieg-selfverrykingskunde. 'ṅ Fynbeplande maskerade in die verkiesings veldtog om jou parlementstoel te verseker en waar na goeie intensies soos spookasem wegsmelt. Hoe vat 'n vader brood uit sy kind se mond? Met verkiesingsveldtogte is dit heerlike potte pap en sous met drie brokkies vleis, of hotdogs met nagemaakte Fanta. En die verarmde volk storm want 'ṅ honger maag is sterker as die brein... en ons skree VIVA !

'ṅ Siek brein ná dekades van verwarring en wanhoop. Dan kom ons by die magdom kerke wat soos wilde sampioene opgekom het. Mense is wanhopig as gevolg van 'n globale ekonomiese depressie (en bogenoemde) en smag na redding, rigting, kop-en-siel-skoonmaak. Dis juis in dié kwesbare toestand dat hulle in die vissersnet van die nuwe kerkleiers beland. Vasgevang, want die 'beit' was oortuigend goed . Maar dit kom met 'n prys - profeet moet in 'n fênsie kar ry. Dis presies politiek, net met verwronge Christelike beloftes. En oornag verdwyn eerwaarde, profeet en priester met die gemeente se hardverdiende sente. Die messteek van bedrog raak dieper. Die handjievol opregte Christelike leiers word ook betwyfel, so ook die politician wat dalk 'n verskil sal maak. Want die Christelike/politieke ketting is so opgeroes, die mensdom se brein te lank op 'n wipplank, te lank soekend, vraend, pleitend vir geregtigheid.

Egosentriese politieke kandidate met voorbedagte rade vir eie gewin, is myns insiens niks beter as die hard core dief op straat nie. So ook padda (priester) met sy mantel. Die een het 'n wit kraag met 'n das, die ander 'n verweerde sweethemp en songebleikte kêp.

As ons net die legendariese Fishrot-geld (of helfte kan terugkry), het ek dié droom - 'n aparte hospitaal vir bejaardes/ afgetredenes en kinders; 'n skool vir gestremdes en straatkinders; opleiding in vakmanskap vir dié wat nie akademies is nie met koshuisgeriewe ingesluit, sport- en kunsgeriewe; landboukunde met klein vrugte- en groenteplantasies.

Let wel die Fishrot-fondse gaan nié terug na die goewerment se skatkis nie. 'n Onafhanklike organisasie saam met die Teenkorrupsiekommissie moet dit van stapel stuur – mét 'n maandelikse verslag na die minister van finansies. Seker 'n dom voorstel, maar ons het major trust issues!

Dink net aan die werksgeleenthede. Dokters, mediese interns, onderwysers, adminstrasiewerkers, ongeskooldes met ondervinding soos kokke , skoonmakers, landerywerkers en asseblief, die personeel moet 'n ware refleksie van Namibië se rassegroepe wees. Die previously disadvantaged- storie hou lankal nie meer water. Tribalism must fall!

Namibia is 'n skatryk land, maar ons krepeer. Die volk moet net sterker saamstaan om swak politieke partye se glansryke speelpark totaal af te brand. - Gasskrywer

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%