Annatjie Louw
Annatjie Louw

Parkeer met ’n doppie

Sê maar net 30 jaar gelede
Annatjie Louw
Dit was die middag toe ons hoë Nigeriese gas in aantog was. Leutwein-straat was afgesluit en die verkeer in die paaie rondom was dus ongewoon druk.

Voor die Hooggeregshof het ’n man gestaan wat vrede gehad het met die wêreld rondom hom. Hy het ’n probleem van sy eie gehad en dié het hy in die vorm van ’n alleenspraak, of liewer ’n alleenvraag, luid gedeel met almal wat ’n oor gehad het om te hoor:

“Kan ’n dronk man ’n kar so parkeer?” het die man by herhaling in die middel van die straat gestaan en uitroep. En dan het hy met sy een arm gewys na die skedonk wat agter hom netjies geparkeer gestaan het. Maar dit was al wat netjies aan die motor was. Sulkes soos hy sien ’n mens net aan die kus. Of by mense wat motor gekoop het van kusbewoners: ’n Baie ou model, siel-liggroen van kleur, vol roesgate en duike.

Ek was in een van die voertuie wat teen ’n slakkepas verby die alleenspreker beweeg het. Toe die man my oog vang, was dit asof hy die vraag aan my persoonlik rig.

”Ek sê, kan ’n dronk man ’n kar so parkeer?”

Hoogs geamuseerd en doodnuuskierig het ek hom geantwoord. “Nee. . . nie eens ’n vrou kan ’n kar so parkeer nie!”

Die man was verheug oor die reaksie wat hy gekry het.

“Hoor daar, hoor daar...!” het hy uitgeroep terwyl hy ’n sirkeldansie uitgevoer het.

Ongelukkig was ’n verdere gesprek onmoontlik, want die stroom motors het begin vorentoe beweeg. Ek moes saam en nooit sal ek weet wat die omstandighede rondom die stukkie koddige straatteater was nie.

’n Landdros wat by die man verby gestap het, het net geglimlag toe die vraag aan hom gestel is. Dus was daar waarskynlik nie ’n hofsaak betrokke nie.

Die man was nie in boeie nie, dus kon hy nie gearresteer gewees het vir dronkparkeer nie. Hy het dan die vraag gevra namens ’n vriend wat gevang is vir dronkparkeer?

Om geparkeer te kry in Windhoek moet ’n mens meestal by jou sinne wees, dus sou die parkeerder van genoemde siek-groen motor dit as versagting van vonnis kon aanbied. (Sy motor was inderdaad mooi parallel met die randsteen en in die middel van sy parkeerruimte geparkeer.) As daar nie ’n ongeskikte mens agter jou staan en beswaar maak oor die spoed van jou parkeermaneuver nie, staan daar ’n beeslorrie of ’n evangelie-wa voor, agter of selfs weerskante van ’n leë parkeerplek. Dis dié wat daar soms met ons vroue gespot word: “A woman does not park a car. She abandons it.”

Ander kere weer neem jy jou lewe in jou hand wanneer jy uit ’n parkeerplek trek. Veral in Gobabisweg. Dáár is dit nie genoeg om links en regs te kyk voordat jy met jou motor begin agteruit beweeg nie. Jy moet ook soos ’n verkleurmannetjie rondom jou kyk.

Dikwels gebeur dit dat ’n motor agter jou ongesiens ’n onwettige U-draai gemaak het en eerste wat jy gewaar, is ’n motor reg bo-op joune.

Wil die munisipaliteit nie dit oorweeg om ’n middelman in Gobabisweg te bou en doringbome daarin te plant nie? – 12 Mei 1992

Kommentaar

Republikein 2024-05-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Madrid 0 vs 0 Real Betis | Almería 6 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 0 vs 1 Athletic Club | Real Sociedad 0 vs 2 Atletico Madrid | Osasuna 1 vs 1 Villarreal | Girona 7 vs 0 Granada SerieA: AC Milan 3 vs 3 Salernitana | Juventus 2 vs 0 Monza | Genoa 2 vs 0 Bologna | Cagliari 2 vs 3 Fiorentina FA Cup: Manchester City 1 vs 2 Manchester United Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 13° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 14° | 31° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 12° | 26° Omaruru: 15° | 29° Windhoek: 11° | 25° Gobabis: 11° | 25° Henties Bay: 18° | 34° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:55, High tide: 04:53, Low Tide: 23:17, High tide: 17:29 Swakopmund: 18° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:53, High tide: 04:51, Low Tide: 23:15, High tide: 17:27 Walvis Bay: 19° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:53, High tide: 04:50, Low Tide: 23:15, High tide: 17:26 Rehoboth: 11° | 26° Mariental: 14° | 27° Keetmanshoop: 16° | 27° Aranos: 13° | 27° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 15° | 28° Oranjemund: 14° | 34° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 12° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 10° | 20° Maseru: 5° | 21° Antananarivo: 10° | 23° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 11° | 25° Cape Town: 14° | 20° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 13° | 22° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 14° | 26° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.41 | EUR to NAD 19.97 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 848.36 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.1 | USD to KES 132.23 | USD to NGN 1474 | USD to ZAR 18.46 | USD to ZMW 26.59 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79150.84 Up +0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1748.47 Down -0.71% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13370.7 Down -0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27205.14 Down -0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9141.35 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.00/OZ UP +0.08% | Copper US$ 4.73/lb DOWN -0.0033 | Zinc US$ 3 077.30/T UP 0.19% | Brent Crude Oil US$ 82.34/BBP UP +0.82% | Platinum US$ 1 026.19/OZ UP +0.64% Sport results: LaLiga: Real Madrid 0 vs 0 Real Betis | Almería 6 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 0 vs 1 Athletic Club | Real Sociedad 0 vs 2 Atletico Madrid | Osasuna 1 vs 1 Villarreal | Girona 7 vs 0 Granada SerieA: AC Milan 3 vs 3 Salernitana | Juventus 2 vs 0 Monza | Genoa 2 vs 0 Bologna | Cagliari 2 vs 3 Fiorentina FA Cup: Manchester City 1 vs 2 Manchester United Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 13° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 14° | 31° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 12° | 26° Omaruru: 15° | 29° Windhoek: 11° | 25° Gobabis: 11° | 25° Henties Bay: 18° | 34° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:55, High tide: 04:53, Low Tide: 23:17, High tide: 17:29 Swakopmund: 18° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:53, High tide: 04:51, Low Tide: 23:15, High tide: 17:27 Walvis Bay: 19° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:53, High tide: 04:50, Low Tide: 23:15, High tide: 17:26 Rehoboth: 11° | 26° Mariental: 14° | 27° Keetmanshoop: 16° | 27° Aranos: 13° | 27° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 15° | 28° Oranjemund: 14° | 34° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 12° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 10° | 20° Maseru: 5° | 21° Antananarivo: 10° | 23° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 11° | 25° Cape Town: 14° | 20° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 13° | 22° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 14° | 26° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.41 | EUR to NAD 19.97 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 848.36 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.1 | USD to KES 132.23 | USD to NGN 1474 | USD to ZAR 18.46 | USD to ZMW 26.59 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79150.84 Up +0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1748.47 Down -0.71% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13370.7 Down -0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27205.14 Down -0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9141.35 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.00/OZ UP +0.08% | Copper US$ 4.73/lb DOWN -0.0033 | Zinc US$ 3 077.30/T UP 0.19% | Brent Crude Oil US$ 82.34/BBP UP +0.82% | Platinum US$ 1 026.19/OZ UP +0.64%