Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Genesis 28:16: “Die Here is op hierdie plek, en ek het dit nie besef nie.”
Thomas Merton het beklemtoon hoe belangrik dit is om nie te wag vir buitengewone wonders om ons te verstom nie. In plaas daarvan moet ons ons oë oopmaak en die Here se alledaagse raaksien.
In Jakob se droom sien hy engele op en af met ’n leer beweeg. Dit is ’n kragtige simbool van die verbintenis tussen hemel en aarde. Ten spyte van Jakob se bedrieglike natuur, ontvang hy in die droom die versekering dat die Here hom nie sal verlaat nie, maar elke belofte sal vervul. So word die plek waar Jakob bloot wou oornag ’n ontmoeting tussen homself, die bedrieër en die God wat ewig getrou is, ten spyte van sy eie gebreke.
God se teenwoordigheid is reg voor ons, dikwels op onverwagte plekke. Dit is hoekom ons Hom in ’n nederige krip en aan ’n kruis ontmoet, te midde van ons stryd en hartseer.
Henri Nouwen skryf dat die sleutel om God se liefde te verstaan is om ten volle in die huidige oomblik te leef. Wanneer ons teenwoordigheid kweek, vind ons God oral – in ’n sonsopkoms, ’n kind se glimlag, in reëndruppels – ja, in die mense, plekke gebeurtenisse van elke dag. Ons moet net ons oë oopmaak om Immanuel, God met ons, in die hier en nou te sien.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie