No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
MAANDAG 24 NOVEMBER 2003

- Die regering se droogtehulpprogram het Vrydag in die land se hoogste wetgewende gesagsliggaam die wind van voor gekry met Swapo-leiers wat die behoorlike regulering en beheer van die program bevraagteken het.

- Die Omarururivier het inwoners van dié dorp Donderdagnag op die drumpel van waterbeperkings gered toe dit in volle vloed afgekom het.

- Spraakvryheid is die waardevolle fondament waarop demokrasie gebou is en dit is almal se plig om dit te beskerm vir die toekoms.

DINSDAG 25 NOVEMBER 2003

- Air Namibia behoort tot elke prys ’n nasionale lugkarweier te wees wat alleen of in vennootskap geskeduleerde vlugte op interkontinentale sowel as streekvlak van en na die land kan aanbied.

- Rassisme en Namibië se koloniale verlede het gister voorop gestaan in die ondersoek na beweerde ongerymdhede by die Padowerheid (RA).

- Die magtige Atlantiese Oseaan moet in Namibië se stryd teen armoede getem word.

WOENSDAG 26 NOVEMBER 2003

- Midde-in noodkrete wat opgaan vir hulp aan San-gemeenskappe in die Omaheke- en Otjozondjupastreke hou die regering vol dat daar nie met die inwoners se lewens gedobbel word nie en is voedsel reeds aan van die San-gemeenskappe voorsien.

- ’n Sakeplan ingevolge waarvan ’n nuwe Air Namibia met ’n Airbus-vliegtuigvloot internasionale kompetisie die stryd gaan aansê, is deur die kabinet goedgekeur en ’n amptelike aankondiging daaroor word vanoggend verwag.

- Namibië asook die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC), kan ekonomiese groei beleef as die Trans-Kalahari-hoofweg tot sy volle potensiaal ontwikkel word.

DONDERDAG 27 NOVEMBER 2003

- Republikein se sportredakteur Boet Matthews het gister die gesogte prys van sportskrywer van die jaar ingepalm, terwyl die koerant ook die skild vir die beste sportdekking in die gedrukte media in Namibië verower het.

- Wapenhandelaars sit met hul hande in die hare oor ’n onverklaarbare verbod op die invoer van wapens en ammunisie wat oornag van toepassing gemaak is en wat dreig om hul ondernemings ernstige skade te berokken.

VRYDAG 28 NOVEMBER 2003

- Krisisbestuur en parlementêre opposisie-eenheid was Woensdagaand deurslaggewend vir die besluit om die munisipale verkiesings met ’n jaar te vervroeg.

- Die nuwe minister van inligting en uitsaaiwese, mnr. Nangolo Mbumba, bevind hom in die oog van die Koevoetstorm voor die kommissie van ondersoek na die Padowerheid (RA) en Padfondsadministrasie (RFA).

- Die laagtepunte van vanjaar se verrigtinge in die Nasionale Vergadering was die wyse waarop werksaamhede van die hoogste wetgewende gesag in die land, herhaaldelik deur ’n gebrek aan ’n kworum tot stilstand geruk is.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City #N/A Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% #N/A