No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
Maandag 7 April 2003

- Die afskaffing van die Nasionale Raad en die daarmee gepaardgaande instelling van ’n enkel-kamer parlementêre stelsel vir Namibië, is deur die Swapo-leierskap in die Nasionale Vergadering in die vooruitsig gestel.

- ’n Warrelwind was gister die waarskynlike oorsaak van ’n ernstige motorongeluk waarin minstens vier mense net buite Okahandja gesterf het.

- Vreugdesvure het Vrydagnag hoog gebrand toe die DTA/UDF-koalisie met ’n naelskraap-oorwinning verseker het dat die Rehoboth-Wes setel in Hardap se streekraad onder die rooi, blou en wit vaandel bly.

Dinsdag 8 April 2003

- Die gehalte van onderwys in Namibië staar ernstige uitdagings in die gesig vanweë kwynende finansiële bronne.

- Geweld het gister by ’n hoërskool in die ooste van Kavango losgebars waar die streekgoewerneur, die skoolkomitee en sowat 16 onderwysers deur 450 leerlinge gyselaar geneem is.

- Geen finale besluit is nog geneem oor wie Namibië in die taakgroep van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) na Zimbabwe sal verteenwoordig nie.

Woensdag 9 April 2003

- Die Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC) gaan ’n totale herstrukturering ondergaan om dit in ’n deursigtige en betroubare instelling te hervorm wat verantwoording teenoor die publiek en begunstigdes moet doen.

- Terwyl TransNamib-werkers in die volgende twee dae gaan besluit of hulle aanstaande week gaan staak nadat ’n dooiepunt oor salarisverhogings bereik is, het die Voorsitter van die Vervoerkorporasie se direksie, dr. Klaus Dierks, werkers vermaan om geduldig te wees.

Donderdag 10 April 2003

- ’n Forensiese oudit by die Padowerheid (RA) is op dramatiese wyse tot stilstand geruk toe die ondersoekspan in ’n kantoortjie toegesluit is nadat hulle die spoor begin vat het van verlore miljoene wat glo kriminele aanklagte tot gevolg kan hê.

- Die Nederduits Gereformeerde Kerk van Namibië het gister by monde van sy moderator, ds. Schalk Pienaar, sy verskoning aan die Eerste Minister, mnr. Theo-Ben Gurirab, aangebied vir die ongeregtigheid van die verlede.

Vrydag 11 April 2003

- ’n Ekonomiese-vernietigende staking, soortgelyk aan die een wat die Tsumeb Korporasie in 1996 as ’n sake-entiteit laat verdwyn het, dreig by TransNamib.

- Ondanks plaaslike brandstofpryse wat vir die volgende kwartaal onveranderd bly, kan Namibiërs uitsien na finansiële verligting wat uit Suid-Afrika gaan oorspoel.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° #N/A #N/A