Torrabaai se leeuwyfie beweeg binneland toe

‘Seekos’ vir woestynleeus se oorlewing
Dit is belangrik vir die bewaring van die woestynaangepaste leeubevolking dat hulle aanhou om toegang tot voedsel langs die kus te hê – as 'n alternatief vir boere se beeste.
Elvira Hattingh
Die woestynaangepaste leeuwyfie wat die afgelope vakansieseisoen op Torrabaai gekuier het, het klaarblyklik gister eindelik begin aanstaltes maak om die gebied te verlaat.

Die Desert Lion Conservation Trust se dr. Philip Stander het gister gesê ná ’n laaste besoek aan die Raleigh-fontein oornag, het die Obab-leeuwyfie (Xpl-108) die Uniab-delta en Torrabaai se visvanggebied verlaat, die rivierloop in ’n oostelike rigting gevolg en die dag net oos van die duinegordel deurgebring.

Sy het toe die volgende nag ooswaarts beweeg en dit is nou onwaarskynlik dat sy na die kus sal terugkeer voor die sluiting van die gewilde vakansieplek teen die einde van die maand.

Dit volg nadat die leeuwyfie in die 13 dae tussen 18 en 30 Desember in totaal 170 km ver tussen die kus en die Uniab-delta geloop het, teen ’n gemiddelde spoed van sowat 12,1 km per dag.

In die laaste dae van 2022 het dit gelyk of sy terug binneland toe wou keer, maar op 6 Januarie het sy reguit teruggeloop strand toe en ’n rob gevang. Terselfdertyd het die trust asook amptenare van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme hengelaars gevra om die strand te verlaat, sodat sy onverstoord kon rondbeweeg.

Dit het ook aan Stander die geleentheid gebied om Xpl-108 te monitor en seldsame inligting oor woestynaangepaste leeus se gedrag aan te teken.

Van die leeuwyfie se ander avonture tydens die afgelope vakansieseisoen in die Torrabaai-omgewing, sluit in dat sy op 29 en 30 Desember ’n trop gemsbokke vir bykans 14 uur lank oor ’n afstand van sowat 13,6 km agterna gesit het – gedurende die hitte van die dag tot tussen die duine.

Sy het uiteindelik moed opgegee en in die skaduwee van ’n rots gaan rus, voor sy op Oujaarsdag teen middernag tot by die Uniab-rivier geloop het. Hier het sy vir sowat 10 kilometer ooswaarts geloop, voor sy waarskynlik leeus van die Achab-trop teëgekom het. Op 1 Januarie het sy skielik omgedraai en vinnig, vir 24,2 km, in die rigting van die Uniab-delta beweeg. Daarna het sy vir ’n dag lank op 2 Februarie tussen die duine gerus.

Die trust het op 23 Desember verlede jaar laat weet dat Xpl-108 op 18 Desember teruggekeer het na die kus. Met haar aankoms by die kus, het sy ’n robwelpie gevang en noordwaarts strandlangs beweeg, tot waar sy op ’n dooie haai geaas en daarna ook ’n groter rob gevang het.

Die trust sê haar vinnige en onverwagse aankoms by Torrabaai het hulle ietwat onverhoeds betrap en hulle kon nie betyds sekere dele van die kus toemaak nie.

Sy het glo ook vakansiegangers se voertuie en hengelaars op die strand opgemerk. Dit het daartoe gelei dat sy die groot karkas van ’n rob vir meer as 3 km oor ’n soutpan gesleep het tot tussen wit granietkoppies, waar sy veilig daaraan kon smul.



KWESBARE LEEUS

Oor die afgelope jare het verskeie groepe woestynaangepaste leeus die kus besoek en “seekos” geëet, wat hoofsaaklik uit Kaapse pelsrobbe bestaan het wat van die Koigab-robkolonie kom en tussen die Uniab-delta en die Hoanib-riviermond voorkom.

“Die ontdekking van robbe en ander ‘seekosse’ deur die woestynaangepaste leeus is ’n beduidende ontwikkeling vir hulle – beide vanuit ’n biologiese en bewaringspunt,” skryf die trust op hul webwerf.

“Dit is een van die min plekke op aarde waar ’n landelike karnivoorspesie se voedselbron oor twee verskillende tropiese sones strek. Dit is voordelig vir die vloei van voedingstowwe tussen die twee sones, maar ook belangrik vir globale voedselnetwerke.

“Woestynaangepaste leeus se ‘tuisvelde’ strek oor groot gebiede, wat hulle help om by die klein variasie en lae beskikbaarheid van prooi aan te pas.

“Die leeus se besoeke aan die kus het egter ook intussen al tot mens-dier-konflik gelei,” sê die trust.

“Die leeus wat egter begin het om voedsel langs die kus te benut, het sover nog nie teruggekeer na die bewaringsgebiede waar mense met beeste boer nie.

“Dit is belangrik vir die bewaring van die woestynaangepaste leeubevolking dat hulle aanhou om toegang tot voedsel langs die kus te hê – as ’n alternatief tot boere se beeste as ’n voedselbron.

“Die versteuring van leeus, wanneer hulle by die kus is, is ’n groot bron van kommer wat beteken hulle mag voorts dalk die gebied begin vermy. As gevolg van die uiterste weerstoestande langs die kus, is die leeus baie kwesbaar en het hulle nêrens om weg te kruip nie,” sê die trust.



BESTUURSPLAN

Volgens die trust was daar in die 2021-’22-vakansieseisoen gevalle waar hengelaars en nog ’n leeuwyfie konflik gehad het en sy aggressief begin raak en voertuie bestorm het.

Die ministerie en die trust werk saam om potensiële voorvalle van konflik te takel en het ook ’n bestuursplan en –protokol ontwikkel om konflik te voorkom.

Hulle het ’n beroep gedoen op besoekers aan die kus om gehoor te gee hieraan – beide vir hul eie veiligheid en ook om te help om die unieke leeubevolking van Namibië te beskerm.

Dit sluit in dat alle leeus met nekbande toegerus word; hulle uurliks gemonitor word; dele van die kus gesluit word wanneer leeus aan robvangste eet; en die jongste inligting oor die leeus en hul bewegings altyd met Torrabaai se bestuur gedeel sal word.

Verder moet toeriste nie van hoofpaaie afwyk nie, nie snags rondloop nie en dat voertuie tussen sononder en sonsopkoms in die kamp moet wees.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 11° | 30° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 11° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 20° | 35° Wind speed: 46km/h, Wind direction: NE, Low tide: 07:38, High tide: 14:01, Low Tide: 19:40, High tide: 02:00 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:36, High tide: 13:59, Low Tide: 19:38, High tide: 02:00 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:36, High tide: 13:58, Low Tide: 19:38, High tide: 02:00 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 32° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 25° Antananarivo: 10° | 19° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 14° | 19° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 25° Currency: GBP to NAD 23.13 | EUR to NAD 19.81 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.25 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.47 | USD to EGP 46.59 | USD to KES 130.73 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.25 | USD to ZMW 25.8 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 409.48/OZ DOWN -0.0045 | Copper US$ 4.99/lb DOWN -0.0127 | Zinc US$ 3 085.90/T UP 1.19% | Brent Crude Oil US$ 83.80/BBP DOWN -0.0031 | Platinum US$ 1 056.40/OZ DOWN -0.0266 Sport results: Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion Weather: Katima Mulilo: 11° | 30° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 11° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 20° | 35° Wind speed: 46km/h, Wind direction: NE, Low tide: 07:38, High tide: 14:01, Low Tide: 19:40, High tide: 02:00 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:36, High tide: 13:59, Low Tide: 19:38, High tide: 02:00 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:36, High tide: 13:58, Low Tide: 19:38, High tide: 02:00 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 32° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 25° Antananarivo: 10° | 19° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 14° | 19° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.13 | EUR to NAD 19.81 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.25 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.47 | USD to EGP 46.59 | USD to KES 130.73 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.25 | USD to ZMW 25.8 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 409.48/OZ DOWN -0.0045 | Copper US$ 4.99/lb DOWN -0.0127 | Zinc US$ 3 085.90/T UP 1.19% | Brent Crude Oil US$ 83.80/BBP DOWN -0.0031 | Platinum US$ 1 056.40/OZ DOWN -0.0266