Namibië se hoof verskiesingsbeampte is Petrus Shaama.
Foto Augetto Graig
Namibië se hoof verskiesingsbeampte is Petrus Shaama. Foto Augetto Graig

Verkiesingsuitslae binne drie dae bekend

Nuwe kiesersregister
Duisende werklose Namibiërs gaan ingespan word.
Augetto Graig
Die aankondiging van die amptelike uitslae van die presidensiële en en nasionale vergaderingverkiesings wat op 27 November plaasvind, word op 30 November verwag. Volgens die nuwe hoof van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) Petrus Shaama volg die finale verifiëring van stemme en die samestelling van die uitslae nadat die stembusse amptelik gesluit het.

Namibië is een van vyf lande in Suider-Afrika wat vanjaar nasionale verkiesings het en 'n nuwe president moet kies insluitend Suid Afrika, Botswana, Mauritius en Mosambiek.

Die ECN se voorsitter Elsie Nghikembua sê een van die belangrikste take ter voorbereiding is die registrasie van kiesers wat op 3 Junie begin. Die vorige algemene kiesersregister is laas in 2014 opdateer en moet ná elke tien jaar vervang word en dus van vooraf opgestel word. Die ECN beplan om die nuwe register in 52 dae saam te stel en wat insluit plaaslike kiesers sowel as dié wat in die buiteland stem. Die registrasie van kiesers duur tot

1 Augustus, met die finale kiesersregister wat op 30 September voltooi moet wees. Die verkiesingskommissie se voltydse personeel van 180 lede word vir dié take vergroot, met 121 nuwe toesighouers wat reeds aangestel is en opleiding ontvang om weer meer tydelike werkers op te kan lei.

Die ECN beplan om tydelik 2 266 werklose Namibië vir die registrasie van kiesers aan te stel.

Nghikembua sê die nuwe geïntegreerde mobiele stelsel vir die registrasie van kiesers is reeds in November verlede jaar en weer in Februarie getoets en "voldoen aan al ons vereistes”.

Zenia Klazen, die ECN se bedryfsdirekteur, sê die stelsel 'n alles-in-een-oplossing wat kiesers kan registreer, identifiseer en verifeer, partye en organisasies kan registreer, voorleggings bestuur en ook uitslae verskaf. Dit gee ook onmiddellike statistiek van onder meer die opkoms van kiesers, biometriese verifikasie van kiesers, ingesluit vingerafdrukke en gesigsherkenning wat verhoogde sekuriteit verseker. Volgens ECN se woordvoerder De Wet Siluka is al die nodige stelsels reeds bekom.

Ná die hooggeregshofbesluit van 2020 wat die gebruik van elektroniese stempunte sonder 'n verifieerbare papierspoor van die hand gewys het, is besluit dat Namibië vanjaar weer van stembriewe gebruik sal maak.

Die kalender vir vanjaar se verkiesing is 7 Maart bekendgestel. Daarvolgens moet onafhanklike kandidate teen 13 Oktober vir deelname registreer. Dié moet twee dae voor die sperdatum reeds amptelik aanmeld. Die sperdatum vir die registrasie van politieke partye is 16 Oktober. Vanaf Julie tot Oktober word waarnemers en die media geakkrediteer. Die uitleg, ontwerp, druk en aflewering van stembriewe word in Oktober gefinaliseer. Alle stemmateriaal word vroeg in November versprei. Op 13 November word by Namibiese ambassades in die buiteland gestem, Namibiers op 27 November na die stembusse gaan. Na afloop van die verkiesing en die aankondiging van die amptelike uitslae sal die ECN vanaf 16 Desember tot 31 Maart die verkiesing evalueer en 'n volledige verslag saamstel. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A