Ministerie verwerp bewerings van onwettige boorwerk

In gesprek met Unesco, Internasionale Atoomagentskap
Minister Calle Schlettwein waarsku die risiko vir besoedeling sal uiters moeilik wees om te bestuur en kan lei tot rampspoedige gevolge wat duur remediëringspogings in later stadiums sal verg.
Jemima Beukes
Die ministerie van landbou, water en grondhervorming het bewerings van onwettige boorwerk deur Headspring Investment in die Hardap- en Omahekestreek verwerp. Die regering gaan ook binnekort maatreëls bekendstel wat eksplorasie- en mynaktiwiteite verbied wat nadelig is vir waterbronne en omgewingsbewaring in die Stampriet- artesiese kom.

Volgens minister Calle Schlettwein het Headspring Investment verlede maand aansoeke by die ministerie ingedien vir die boor van ’n bykomende 261 boorgate om kernbrandstofminerale te ondersoek, 36 boorgate vir die waarneming van kernnukliede ('n afsonderlike soort atoom of kern gekenmerk deur 'n spesifieke aantal protone en neutrone), asook sewe boorgate vir monitering en beheer.

Die maatskappy het die besit van geldige omgewingsklaringsertifikate (ECC’s) en hernude eksklusiewe prospekteringlisensies (EPL’s) as regverdiging vir die aansoeke verskaf.

Schlettwein het in die Nasionale Vergadering gereageer op vrae deur die leier van die United People’s Movement (UPM) Jan van Wyk.

Schlettwein het verwys na die inter-ministeriële komitee tegniese komitee wat deur die kabinet gevestig is om te besin oor die impak van eksplorasie- en booraktiwiteite van Headspring Investment in die Stampriet-akwifer en dat ’n gesamentlike ondersoek in dié verband voltooi is. Dit sal vervolgens sy bevindings aan die ministeriële komitee voorlê. Hoewel ’n omgewingsertifikaat aan die projek toegeken is, is daar volgens die minister kommer dat die EIA nie voldoende die potensiële gevolge op die varswater-akwifer oorweeg het nie en wat spruit uit beide die aanvanklike eksplorasie-aktiwiteite en enige toekomstige in-situ mynbedrywighede.

“Die risiko vir besoedeling sal uiters moeilik wees om te bestuur en kan lei tot rampspoedige gevolge wat duur remediëringspogings in later stadiums sal verg. Daar is die ernstige risiko dat eksplorasie en later mynaktiwiteite wat deur die lisensiehouer Headspring Investment uitgevoer sal word, die grondwater in Namibië en dele van Suid-Afrika en Botswana in gevaar sal stel en die ekonomiese basis vir die hele streek sal vernietig,” het Schlettwein gesê.

Die minister sê egter onmiddellike versagtingsmaatreëls sluit in die hervoeg van boorgate elke 10 jaar asook die verseëling van onwettig boorgate vir eksplorasie. Noukeurige oorweging is egter nodig vir die beduidende risiko wat die afskeiding van die uitskot van in-situ mynbou vir die potensiële besoedeling van die akwifer inhou.

Schlettwein sê ’n versoek is ook aan die Verenigde Nasies se Onderwys-, Wetenskap- en Kultuurorganisasie (Unesco) en die Internasionale Atoomagentskap asook ander ontwikkelingsvennote gerig vir tegniese bystand en raad van kundiges in ’n poging om die ministerie te help om besluite vir die pad vorentoe te neem wat op wetenskap gebaseer is.

“Headspring Investment se eksplorasie-aktiwiteite wat oorheers word deur omvattende booraktiwiteite is daarop germik om die ekonomiese potensiaal van die Stampriet-omgewing te evalueer vir die ontwikkeling van in-situ uraanmynboubedrywighede (ISL) en teiken die potensiaal vir eksplorasie vir die sogenaamde Wings 7-projek. Geen eksklusiewe prospekteerlisensies (EPL’s) of ECC sal hernu of uitgereik word en geen boorlisensies vir kernbrandstofminerale in die Stampriet-akwifer sal aan Headspring of enige ander persoon uitgereik word nie. Die boorspesifikasies in die Stampriet-akwifer is ontwerp om die meng van die oorliggende Kalahari-akwifer se water en die onderliggende Auob-akwifer se water te voorkom. Dit is ook om die artesiese aard van die Auob te bewaar deur die beperkende laag (die Rietmond) tussen die akwifers te bewaar,” het Schlettwein gesê.

Headspring Investment (Pty) Ltd, ’n maatskappy wat deur Uranium One besit word, ’n filiaal van Rosatom, die Russiese regering se maatskappy vir atoom-energie, is agt EPL’s toegeken vir basis- en raar metale en kernbrandstofminerale in Omaheke, Hardap en die Leonardville-omgewing.

Sedert 2012 is booraktiwiteite op dié EPL’s, insluitend sowat 600 eksplorasie-boorgate en 36 hidrogeologiese en moniteringsboorgate op 39 plase gesink. Dit het gevolg ná die uitreik van ECC’s deur die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme (MEFT), asook boorpermitte van die ministerie van landbou, water en grondhervorming (MAWLR). – [email protected]

.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%