Abalone
Abalone

Namibië ’n deurgang vir perlemoensmokkelaars

Groot besendings by lughawe onderskep
Volgens 'n verslag haal Suid-Afrikaanse perlemoen tot twee keer die prys van Chinese perlemoen op Asiatiese markte.
Yandi Du Plessis
Ellanie Smit - Namibië het ’n deurgangsroete geword vir perlemoensmokkelary vanuit Suid-Afrika na China.

Volgens ’n 2022-verslag oor wildbeskerming en wetstoepassing in Namibië is die bestaan van wettige perlemoenboerdery in Namibië gebruik as ’n front vir vervalste dokumentasie van perlemoenbesendings waarop beslag gelê is.

Luidens die verslag smokkel Suid-Afrikaanse kartelle toenemend perlemoen via buurlande om onder die radar te bly.

’n Groot oorgrens-smokkeloperasie is in 2022 by Warmbad in die suide van Namibië oopgevlek, terwyl groot besendings in vorige jare by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako en ander doeanepunte onderskep is.

“Namibië werk nou saam met eweknieë in Suid-Afrika om die onwettige handel ’n nekslag toe te dien.”

Die verslag het verduidelik dat perlemoen, ’n soort weekdier, op ’n unieke manier in aanvraag is as een van die duurste seekossoorte wêreldwyd.

Talle perlemoenspesies kom in die wêreld se oseane voor – met Suid-Afrikaanse perlemoen (Haliotis midae) wat as een van die bestes beskou word.

Volgens die verslag haal Suid-Afrikaanse perlemoen tot twee keer die prys van Chinese perlemoen op Asiatiese markte.

“China is die voorlopende perlemoenprodusent wêreldwyd. ’n Hoë vraag na Suid-Afrikaanse perlemoen het ’n ontluikende onwettige handelsnetwerk in Suid-Afrika gedryf, wat die natuurlike voorraad uitgeroei het.”

Die verslag het daarop gewys dat wettige perlemoenboerdery bevorder is om natuurlike bevolkings aan te vul en ’n beheerde wettige handelsnetwerk te hervestig.

Wettige perlemoenboerdery is ook op relatief klein skaal aan die suidelike kus van Namibië gevestig aangesien Suid-Afrikaanse perlemoen nie natuurlik in die koue Benguelastroom voorkom nie.

Volgens ’n verslag deur die Wildlife Trade Monitoring Network (Traffic) wat in 2018 vrygestel is, het stropers oor 18 jaar minstens 96 miljoen perlemoene uit Suid-Afrikaanse kuswaters gestroop.

Daarvolgens word ’n gemiddeld van 2 000 ton perlemoen jaarliks deur stropers uitgehaal – 20 keer die wettige hoeveelheid – in ’n onwettige bedryf wat op daardie tydstip minstens US$60 miljoen per jaar werd was.

“Buite Suid-Afrika is die akwakultuurbedryf in Namibië die enigste ander wettige produsent van perlemoen. ’n Ontleding van Hongkong-invoere dui egter sterk daarop dat onwettige perlemoen uit Suid-Afrika deur Namibië gesmokkel word.”

Die verslag het aangedui dat Namibië tussen 2012 en 2016 gemiddeld vier ton perlemoenprodukte per jaar uitgevoer het (behalwe in 2013, toe geen uitvoere aangeteken is nie). Die grootste deel (96%) van die uitvoerprodukte was in bevrore en/of gedroogde vorm. Geen uitvoere van ingemaakte perlemoen is aangeteken nie.

Luidens die verslag was die belangrikste invoerlande/gebiede in hierdie tydperk Suid-Afrika (wat verantwoordelik is vir 59% van al Namibië se uitvoere), Hongkong (20%), China (18%) en Angola (3%).

“Invoersyfers uit Hongkong alleen oorskry egter beide Namibië se produksie- en uitvoersyfers, wat daarop dui dat gestroopte perlemoen van Suid-Afrika moontlik uitgevoer word vanaf Namibië of via Namibië gesmokkel word.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 11° | 30° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 11° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 20° | 35° Wind speed: 46km/h, Wind direction: NE, Low tide: 07:38, High tide: 14:01, Low Tide: 19:40, High tide: 02:00 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:36, High tide: 13:59, Low Tide: 19:38, High tide: 02:00 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:36, High tide: 13:58, Low Tide: 19:38, High tide: 02:00 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 32° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 25° Antananarivo: 10° | 19° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 14° | 19° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 25° Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.17 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.47 | USD to EGP 46.59 | USD to KES 130.73 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.17 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 427.19/OZ UP +0.28% | Copper US$ 5.06/lb UP +0.15% | Zinc US$ 3 152.30/T UP 0.53% | Brent Crude Oil US$ 83.97/BBP DOWN -0.0011 | Platinum US$ 1 051.73/OZ DOWN -0.0309 Sport results: Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion Weather: Katima Mulilo: 11° | 30° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 11° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 20° | 35° Wind speed: 46km/h, Wind direction: NE, Low tide: 07:38, High tide: 14:01, Low Tide: 19:40, High tide: 02:00 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:36, High tide: 13:59, Low Tide: 19:38, High tide: 02:00 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:36, High tide: 13:58, Low Tide: 19:38, High tide: 02:00 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 32° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 25° Antananarivo: 10° | 19° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 14° | 19° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.17 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.47 | USD to EGP 46.59 | USD to KES 130.73 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.17 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 427.19/OZ UP +0.28% | Copper US$ 5.06/lb UP +0.15% | Zinc US$ 3 152.30/T UP 0.53% | Brent Crude Oil US$ 83.97/BBP DOWN -0.0011 | Platinum US$ 1 051.73/OZ DOWN -0.0309