Die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, dr. Albert Kawana. FOTO ARGIEF
Die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, dr. Albert Kawana. FOTO ARGIEF

Duisende polisieondersoeke nie voltooi

Gebrek aan mannekrag, voertuie
Sommige sake word vertraag weens forensiese uitslae wat na internasionale gesertifiseerde laboratoriums in die buiteland gestuur moet word.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die Khomasstreek het meer 2 700 onafgehandelde polisieondersoeke, met die totaal vir die 14 streke in Namibië wat op 4 377 staan. Die grootste redes hiervoor is ’n gebrek aan mannekrag, hulpbronne en vervoer. Ook is daar ’n vertraging in gemeenskaplike regshulp veral in die opspoor van buitelandse getuies of klaers omdat ondersoekbeamptes, soos per protokol, gedwing word om deur verskeie kanale soos Interpol, die ministerie van justisie, sowel as die ministerie van internasionle betrekkinge en samewerking te werk. In sommige gevalle word ondersoeke vertraag omdat sommige forensiese uitslae na internasionaal-gesertifiseerde laboratoriums buite Namibië gestuur word.

Die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, dr. Albert Kawana, sê die “onaanvaarbare situasie” sal hopelik verbeter wanneer die polisiebeamptes wat verlede jaar met opleiding begin het, in Mei uitklaar voor die volgende groep weer inval.

Met verwysing na die afwesigheid van sekere vaardighede wat die doeltreffendheid van dienslewering in die diens negatief beïnvloed, sê die minister ondersoekers ontvang gespesialiseerde opleiding in huishoudelike geweld, finansiële misdaad en mensehandel.

Gekwalifiseerde ondersoekers bly egter nie lank in die diens van die polisie nie, omdat hulle deur veral finansiële instellings soos banke en versekeringsmaatskappye gewerf word.

Volgens Kawana veroorsaak dit vertragings in ondersoeke, werksladings wat verhoog, sake wat van die hofrol geskrap word, swak kommunikasie met slagoffers en of klaers en ook ’n toename in die agterstand van hofsake wat uiteindelik die regstelsel oorlaai.

In ’n poging om polisieondersoeke te bespoedig het die ministerie onderneem om polisielede te werf.

Ander strategieë van die ministerie om die reuse agterstand in die voltooiing van polisieondersoeke hok te slaan, sluit in die toesig, monitor en beheer van die inspeksie van polisiedossiere, die instelling van wetenskaplike ondersoektegnieke, sowel as die instelling van ondersteunende aansporingsinisiatiewe soos spanbou en toekennings. Hoewel Khomas se syfers vir onvoltooide ondersoeke baie hoër as in die res van die land, staan Oshana se syfer volgens Kawana op 319, Otjozondjupa op 222, Ohangwena op 210, Kavango-Oos op 132 en Omusati op 128. Kavango-Wes het volgens die minister die laagste syfer en wel 36. Die minister van finansies Iipumbu Shiimi het Woensdag tydens sy begrotingsrede vir 2024-'25 'n bedrag van N$7,4 miljard aan die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit toegeken. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.08 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.49 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.49 | USD to ZMW 27.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.15/OZ UP +1.01% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.67% | Zinc US$ 2 916.90/T UP 0.19% | Brent Crude Oil US$ 84.12/BBP DOWN -0.002 | Platinum US$ 980.57/OZ UP +0.65% Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.08 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.49 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.49 | USD to ZMW 27.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.15/OZ UP +1.01% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.67% | Zinc US$ 2 916.90/T UP 0.19% | Brent Crude Oil US$ 84.12/BBP DOWN -0.002 | Platinum US$ 980.57/OZ UP +0.65%