34 vroue vas vir moord op eie kinders

Nog 22 agter tralies vir aborsies
Die statistieke sluit twee Zimbabwiese vroue in wat in hegtenis geneem is omdat hulle die negejarige Akundaishe Natalie Chipomho doodgeslaan en haar oorskot in 2020 verbrand het.
Yandi Du Plessis
Rita Kakelo - Altesaam 34 vroue tussen die ouderdomme van 25 en 35 jaar het volgens polisiestatistieke hul eie kinders tussen 2018 en 2022 vermoor.

’n Onrusbarende voorbeeld is Rachel Kureva, wat in hegtenis geneem is vir die moord op haar negejarige dogter, Akundaishe Natalie Chipomho.

Sy is saam met Edward en Caroline Nkata – Chipomho se biologiese pa en haar stiefma – aangekeer.

Die meisie se verbrande oorskot is in Januarie 2020 in ’n vullisdrom in Windhoek ontdek nadat Kureva, Caroline en Edward – al drie Zimbabwiese burgers – haar doodgeslaan en toe haar lyk aan die brand gesteek het.

Hulle is aangekla van moord en dwarsboming van die gereg.

In nog ’n skokkende saak is Kyrkki Shekupe van Wyk (38) tot 26 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op haar vierjarige seun in die noorde van Namibië en die aanranding van een van haar ander kinders.

Van Wyk is 22 jaar tronkstraf opgelê vir moord en agt jaar vir poging tot moord. Sy het stokke en ’n sweep gebruik om albei kinders oor hul lywe te slaan, het die dagblad The Namibian berig.

Dit is onduidelik of hierdie statistieke vir Kristofina Amutenya, die eksvrou van ’n Namibiese diplomaat in Ethiopië, insluit, wat na bewering in Desember 2020 haar kinders Jenay (9) en Jane (3) by hul gesinshuis in Addis Abeba vermoor het. Sy is uit polisie-aanhouding vrygelaat nadat die landdroshof in Windhoek haar saak op die staat se versoek voorlopig teruggetrek het.

ARMOEDE, VERWERPING

Kauna Shikwambi, die woordvoerder van die Namibiese polisie (Nampol), het in reaksie op medianavrae gesê die mees algemene redes waarom vroue hul kinders vermoor, sluit in nageboortelike depressie, die feit dat hulle geen middele het om die kind te voed nie weens werkloosheid en armoede, en verwerping deur hul lewensmaats.

“Volgens Van Wyk was sy kwaad en het haar woede op haar kinders uitgehaal nadat haar destydse lewensmaat haar aangerand het.”

Van Wyk het die hof ook meegedeel dat dit haar ontstel het toe haar voormalige lewensmaat haar aan sy nuwe meisie voorgestel het.

In gevalle waar die ma op ’n jong ouderdom geboorte skenk, kan die besluit om ’n kind leed aan te doen, beïnvloed word deur ’n gebrek aan finansiële en sielkundige ondersteuning, het Shikwambi gesê.

Volgens die kliniese sielkundige Dalene Gous is ’n ma wat haar eie kind leed aandoen moeilik om te verstaan, want “die meeste ma's sal eerder vir hul kinders sterf as om hulle te vermoor”.

Ouers wat hulle eie kinders doelbewus vermoor word verbind met selfdoodgedagtes, waarin ’n ma haar eie lewe wil neem, maar nie haar kind of kinders wil agterlaat nie, het sy gesê.

ONWETTIGE ABORSIES

Intussen is 22 vroue agter tralies geplaas vir onwettige aborsies sedert 2018.

Die jaar 2020 het die meeste gevalle (ses), terwyl drie in 2018, vier in 2019, vier in 2021 en vyf in 2022 aangemeld is.

Volgens die polisie is hierdie syfers egter waarskynlik nie ’n aanduiding van die werklike situasie nie, met baie vroue wat suksesvol onwettige aborsies in die geheim laat uitvoer.

Aborsies word ingevolge die wet op aborsie en sterilisasie gekriminaliseer, en die prosedure kan slegs wettiglik deur ’n gesertifiseerde mediese praktisyn uitgevoer word indien die swangerskap die ma se lewe in gevaar stel; as die swangerskap ’n ernstige bedreiging vir die ma se geestesgesondheid inhou; indien daar ’n ernstige risiko is dat die kind aan ’n fisieke of geestelike gebrek sal ly, of in die geval van verkragting of bloedskande.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Empoli | Monza 0 vs 1 Frosinone | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City F1: Emilia Romagna GP First:Max Verstappen Red Bull 01:25:25 Second:Lando Norris McLaren + 00:00:00.725 Third:Charles Leclerc Ferrari + 00:00:07.916 Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Empoli | Monza 0 vs 1 Frosinone | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City F1: Emilia Romagna GP First:Max Verstappen Red Bull 01:25:25 Second:Lando Norris McLaren + 00:00:00.725 Third:Charles Leclerc Ferrari + 00:00:07.916 Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%