Tienermeisies trek aan kortste end, sê UNFPA
’n Verslag wat die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds (UNFPA) Woensdag vrygestel het, dui dat byna ’n derde van alle meisies in ontwikkelende lande voor die ouderdom van 19 geboorte skenk.
Ongeveer die helfte (45%) van eerste geboortes kom voor by meisies wat 17 jaar of jonger is.
“Wanneer byna ’n derde van alle meisies in ontwikkelende lande tydens adolessensie geboorte skenk, is dit duidelik dat die wêreld adolessente meisies in die steek laat,” het dr. Natalia Kanem, uitvoerende direkteur van UNFPA, gesê.
Die verslag toon dat die afname in geboortes aan tiener- en kinderouers nie ooreenstem met die wêreldwye afname in geboortesyfers nie. Volgens die UNFPA het die voorkomssyfer ongeveer 3% per dekade gedaal.
“Die herhaalde swangerskappe wat ons onder adolessente meisies sien, is ’n duidelike teken dat hulle broodnodige seksuele en reproduktiewe gesondheidsinligting en -dienste benodig,” sê Kanem.
Die UNFPA-verslag toon kinders vanaf 14 jaar en jonger kry gemiddeld meer kinders as ouer tieners. Vier-en-sewentig persent van meisies wat op die ouderdom van 14 of jonger hul eerste kind gehad het, sal voor hul 20ste verjaardag ’n tweede kind hê.
Ongeveer 40 persent van adolessente wat twee kinders het en voor 15 hul eerste kind gehad het, sal geboorte aan ’n derde kind skenk voor hulle die einde van hul adolessensie bereik.
’n Geskatte 21 miljoen tienermeisies tussen die ouderdomme van 15 en 19 jaar in lae- en middelinkomstelande skenk elke jaar geboorte.
Ongeveer ’n kwart van hierdie geboortes eindig in aborsie, waarvan die meerderheid in onveilige en lewensbedreigende omstandighede plaasvind.
Die UNFPA voer aan dat die meerderheid van hierdie swangerskappe ontstaan uit huwelike of situasies waar die jong ouers saamwoon.
Dit kom ná berigte dat een uit elke vyf vroue tussen die ouderdomme van 15 en 19 reeds ’n kind gehad het en die statistiek wat aan die einde van 2020 na die eerste inperkings deur die ministerie van onderwys, kuns en kultuur vrygestel is wat getoon het dat tienerswangerskappe in daardie jaar verdubbel het.
Die UNFPA het slegs drie maande gelede gesê onveilige aborsies was vir sowat 12% tot 16% van sterftes onder swanger vroue in Namibië verantwoordelik. Hierdie syfer kan egter nie met sekerheid bepaal word nie weens die feit dat aborsie onwettig in Namibië is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie