SAN distansieer hom van ‘onwettige’ staking
Werkers dring aan op verhoging van N$15/uur
Aan die begin van 2017 is die minimum loon vir sekuriteitswagte en -beamptes van N$6,75 en N$7 per uur na N$8,75 per uur verhoog.
Die Sekuriteitsvereniging van Namibië (SAN) se president Dhiginina Uutaapama sê die optrede van honderde sekuriteitswagte in Windhoek wat vroeër vandeesweek aan ’n “onwettige” staking deelgeneem het nadat hulle glo deur Michael Amushelelo “mislei” is, gaan ernstige gevolge hê.
Uutaapama sê die staking het die optrede van ’n “piesangrepubliek” weerspieël en toon ’n gebrek aan ’n duidelike begrip van die wet. Hy het ook die integriteit van die wagte bevraagteken nadat hulle die leierskap van Amushelelo, die president van die Namibiese Unie vir Sekuriteitswagte (NASWU), gevolg het. Volgens Uutaapama is laasgenoemde unie nie geregistreer nie.
“Die onwettige staking hou nie net beduidende uitdagings vir die sekuriteitsbedryf in nie, maar laat ook ernstige vrae ontstaan oor die integriteit van ons bedryf en die welstand van SAN-lede. SAN distansieer homself van verteenwoordigers van werkgewers en werknemers wat nie geregistreer en erken word deur die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekking en werkskepping nie,” het hy gesê.
SAN as ’n lid van die Namibië Sekuriteitsforum (NSLF) is volgens Uutaapama aktief betrokke in voortgesette gesprekke oor ’n minimum loon vir die sekuriteitsbedryf soos uitgelig in die Memorandum van Verstandhouding (MoU) met die NSLF.
“Dit is belangrik dat die publiek en eindgebruikers daarvan bewus is dat daar sedert 2017 geen statutêre verhogings was nie en die onderhandelinge met die NSLF dus voortduur.”
Aan die begin van 2017 is die minimum loon vir sekuriteitswagte en -beamptes van N$6,75 en N$7 per uur na N$8,75 per uur verhoog. Die werkers dring nou aan op ’n verhoging van N$15 per uur.
“Ons kan nie bekostig om die beskerming van lewe en eiendom in gedrang te bring nie, en ons is ten volle daartoe verbind om dié veiligheidskwessies te takel. In die lig van hierdie veiligheidsrisiko’s doen SAN-lede proaktiewe stappe om openbare veiligheid en die voortgesette uitvoering van noodsaaklike sekuriteitsdienste te verseker.”
Amushelelo kon teen druktyd nie vir kommentaar bereik word nie. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie