DEBT WOES: The Walvis Bay municipality is in the red to the tune of N$378 million.
DEBT WOES: The Walvis Bay municipality is in the red to the tune of N$378 million.

‘Redforce is ’n goedkoper opsie’

Ogone Tlhage
Te midde van inwoners se ontevredenheid het die uitvoerende beamptes by die Walvisbaai-munisipaliteit verlede week aangevoer dat Redforce Debt Management goedkoper en doeltreffender is as om prokureurs in te roep om dié hawedorp se wanbetalende inwoners voor stok te kry.

Redforce het N$85 miljoen in agt maande ingesamel, het die dorp se finansiële bestuurder tydens ’n voorlegging aan raadslede aangekondig.

Frans !Gonteb het raadslede se vrae beantwoord en vergelykings getref tussen die gebruik van prokureurs en Redforce en sê laasgenoemde vra nie fooie vir die opening van lêers nie, terwyl prokureurs N$950 daarvoor sal vereis.

Hy het bygevoeg dat prokureurs hoër opsporingsfooie vra en hul invorderingskommissie is gemiddeld hoër. Terwyl prokureurs sowat N$435 vir eisbriewe aan debiteure vra, benodig Redforce nie 'n sent vir dié diens nie, het !Gonteb aan raadslede gesê.

Laasgenoemde vra ook nie vir vorderingsverslae nie, terwyl prokureurs sowat N$400 hiervoor vra. Tussen Augustus 2023, toe Redforce aan boord gekom het, tot Maart vanjaar, het die maatskappy N$85 miljoen ingevorder – met N$13,5 miljoen verlede maand.

In Julie 2023 het die munisipaliteit ’n tekort van N$2,4 miljoen in terme van daaglikse kontantvloei getoon. Dié posisie het vandeesmaand tot N$28 miljoen verbeter, volgens !Gonteb se voorlegging.

Daar is geen aanduiding dat hierdie bedrag alles aan Redforce se invorderings te danke is nie.

Die afgelope dae het woedende inwoners twee petisies aan die munisipaliteit oorhandig, wat die verwydering van Redforce eis.

Op ’n vraag wat die regsimplikasies vir die kansellasie van die kontrak met die skuldinvorderaar is, het !Gonteb gesê: “Dit sal in ’n regstryd eindig met koste [van sowat N$45 miljoen].”

Die N$45 miljoen word bereken as 12% rente van die N$378 miljoen wat tans deur inwoners en besighede aan die munisipaliteit verskuldig is.

’n Uiteensetting van die munisipaliteit se skuld toon dat inwoners, sakeondernemings en ander entiteite in die middestad van Walvisbaai ongeveer N$120 miljoen skuld, Kuisebmond sowat N$95 miljoen, Narraville N$29 miljoen, Meersig N$14 miljoen en Langstrand N$7 miljoen.

’n Munisipale amptenaar wat anoniem met Republikein se susterkoerant Namibian Sun gepraat het, het gesê die dorp het hom in die bedenklike situasie bevind waar hy in Julie 2023 met ’n negatiewe banksaldo van N$2,4 miljoen moes begin, dieselfde maand wat die agentskap aangestel is. Die munisipaliteit het daarin geslaag om positiewe banksaldo’s te behou en het 2024 met N$3,3 miljoen begin.

Van die munisipaliteit se 33 000 rekeninge is 8 000 aan die skuldinvorderaar oorhandig.

In reaksie op ’n onlangse petisie teen Red Force in die hawedorp, het die waarnemende uitvoerende hoof van die Walvisbaai-munisipaliteit, John Esterhuizen, inwoners verseker dat pogings aangewend word om die ontevredenheid rondom die agentskap op ’n waardige manier op te klaar.

“Ons wil jou verseker dat jou stem vir ons saakmaak en dat elke punt wat in die petisie geopper word, ondersoek sal word. Ons verseker altyd dat al ons inwoners met respek en waardigheid behandel word en ons neem enige bewerings wat die teendeel bewys, baie ernstig op.”

Vyf van die 10 munisipale raadslede – sommige wie se rekeninge vir wanbetaling aan Redforce oorhandig is – het hul ontevredenheid oor die maatskappy se aanstelling uitgespreek.

Raadslede Ephraim Shozi, Albertina Nkoshi, Buddy Bramwell, Ryan Gordon en Paulus Kauhondwamwa het 'n vergadering bygewoon wat deur die Walvisbaai-inwoners belê is.

Julius Nyamazana, die uitvoerende hoof van Redforce, wou nie kommentaar lewer nie en sê sy maatskappy se kontrak met die munisipaliteit is vertroulik.

“Al wat ek kan sê is dat ek baie gelukkig is met die werk wat ons in ’n kort tydjie vir die kliënt gedoen het.”

– Bykomende inliging deur Leandrea Mouers

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce Katima Mulilo: 14° | 34° Rundu: 18° | 34° Eenhana: 19° | 36° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 18° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:28, High tide: 03:22, Low Tide: 21:38, High tide: 15:50 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:20, Low Tide: 21:36, High tide: 15:48 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 38km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:19, Low Tide: 21:36, High tide: 15:47 Rehoboth: 20° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 21° | 33° Lüderitz: 15° | 24° Ariamsvlei: 18° | 34° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 13° | 28° Mbabane: 12° | 27° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 22° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 19° | 29° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 13° | 20° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 16° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 16° | 28° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.94 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.57 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.96 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.57 | USD to ZMW 27.24 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76929.5 Up +0.20% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1715.92 Up +1.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26429.69 Up +1.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 315.15/OZ DOWN -0.0001 | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0113 | Zinc US$ 2 917.30/T UP 0.21% | Brent Crude Oil US$ 83.92/BBP UP +0.44% | Platinum US$ 974.76/OZ DOWN -0.0039 Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce Weather: Katima Mulilo: 14° | 34° Rundu: 18° | 34° Eenhana: 19° | 36° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 18° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:28, High tide: 03:22, Low Tide: 21:38, High tide: 15:50 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:20, Low Tide: 21:36, High tide: 15:48 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 38km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:19, Low Tide: 21:36, High tide: 15:47 Rehoboth: 20° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 21° | 33° Lüderitz: 15° | 24° Ariamsvlei: 18° | 34° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 13° | 28° Mbabane: 12° | 27° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 22° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 19° | 29° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 13° | 20° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 16° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 16° | 28° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.94 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.57 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.96 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.57 | USD to ZMW 27.24 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76929.5 Up +0.20% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1715.92 Up +1.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26429.69 Up +1.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 315.15/OZ DOWN -0.0001 | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0113 | Zinc US$ 2 917.30/T UP 0.21% | Brent Crude Oil US$ 83.92/BBP UP +0.44% | Platinum US$ 974.76/OZ DOWN -0.0039