Wyle Doc Immelman se laaste boek

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die bekende Namibiese skrywer Doc Immelman sou Saterdag 88 jaar oud gewees het en toevallig het sy verjaardag ook saamgeval met die vrystelling van die laaste van die 45 boeke uit sy pen tydens sy leeftyd.
“My pa se verjaardag val op 23 April. Hy is op 9 Maart 2013 in Windhoek oorlede,” skryf sy dogter, me. Lorraine Immelman.
Sy het laat weet haar pa se laaste boek,Die meisie op die bus en ander liefdesverhale, is nou op die rakke.
Immelman is alombekend vir sy avontuur- en jagverhale en in dié boek blom die liefde tussen­deur al die avontuur.
Die humoristiese “Ses dooie bees langs die grensdraad” gaan oor twee verliefdes wat eers die jarelange vyand­skap tussen hul vaders, wat ook bure is, moet blus al­vorens hulle kan afhaak. “Tussenspel op Etosha” vertel die storie van ’n veldwagter wat graag die senator se dogter wil be­ïndruk. Maar dan stel die parkhoof hom lelik in die verleentheid om die kampvuur met allerhande stories oor hom.
Meer as 40 boeke het uit die meesterverteller Immelman se pen verskyn.
Sy liefde vir die natuur en mensekennis vind in byna al sy verhale neerslag – en sorg vir ’n tydlose soort ontspanningsliteratuur wat by gevestigde aanhangers van sy boeke sowel as nuwe lesers sal aanklank vind.
Dit is die eerste keer dat liefdesverhale van hom gebundel word en lesers sal nuuskierig wees oor hierdie genre in Immelman se skryfwerk.
Lesers wat hou van liefdesverhale met ’n goeie skoot avontuur, sal byval byDie meisie op die bus en ander liefdesverhale vind.
Meer inligting oor sy lewe en sy boeke is op sy webtuiste, www.docimmelman.com, te vinde.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A