Wu00eareldpersvryheidsdag vandag gevier
Wu00eareldpersvryheidsdag vandag gevier

Wêreldpersvryheidsdag vandag gevier

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die bevordering van ‘n onafhanklike en vrye pers word vandag gevier teen die agtergrond van minstens 55 joernaliste wat reeds weens die koronavirussiekte (Covid-19) gesterf het nadat hulle die siekte in die uitvoering van hul taak opgedoen het, asook die belangrike stryd teen die “infodemie” wat met die pandemie gepaard gaan.
Daarmee saam staar mediahuise erge finansiële krisisse in die gesig.
Me. Audrey Azouly, direkteur-generaal van die Verenigde Nasies (VN) se organisasie vir onderwys, wetenskap en kultuur (Unesco), het ter viering van Wêreldpersvryheidsdag klem gelê op die noodsaaklikheid van betroubare inligting in hierdie krisistyd. “In 'n tyd waarin ons bekommerd en onseker is oor die Covid-19-pandemie, is gratis inligting noodsaaklik om ons te help om hierdie krisis te verstaan, daaroor na te dink en dit te oorkom. Ons moet die wesenlike belang van inligting in hierdie situasie in ag neem: Om die publiek in te lig, beteken dat elkeen die geleentheid het om die siekte te bekamp deur toepaslike praktyke toe te pas.
“Dit is die rede waarom Unesco met die res van die VN-familie saamwerk om die 'infodemie' van gerugte en waninligting wat die pandemie vererger en lewens in gevaar stel, te beveg.”
Azouly sê die buitengewone aard van die huidige omstandighede verhoog die druk op joernaliste. Die voortslepende krisis verhoog ook die ekonomiese onsekerheid vir joernaliste. “Verhoogde digitalisering en dalende advertensie-inkomste kan koerante uiteindelik dwing om hul werksaamhede te verminder of te staak, en sodoende gemeenskappe van 'n ander perspektief op die wêreld te ontneem; van 'n fokus wat nodig is vir die uiteenlopende opinie. In 'n wêreld wat onderling diep afhanklik soos hierdie krisis aan ons bewys het, is die bedreiging of aanval op die pluraliteit en vryheid van die pers en die veiligheid van joernaliste, vir ons almal ‘n bedreiging,” sê sy.
In die twee maande van 1 Maart tot 1 Mei, is 55 joernaliste in 23 lande aan Covid-19 dood, het die nuusagentskap AFP die naweek berig.
Volgens AFP waarsku die organisasie Press Emblem Campaign (PEC) joernaliste is baie blootgestel aangesien hulle moet voortgaan om mense in te lig deur na hospitale te gaan en met dokters en verpleegkundiges, spesialiste, politieke leiers, wetenskaplikes en pasiënte onderhoude te voer.
Die tema van die vieringe vandag is joernalistiek sonder vrees of guns. Die subtemas is onder meer die veiligheid van joernaliste en onafhanklike en professionele joernalistiek vry van politieke en kommersiële invloede.
Wêreldpersvryheidsdag gedenk die aanvaarding op 3 Mei 1991 van die Deklarasie van Windhoek vir die bevordering van ’n onafhanklike en pluralistiese pers. Dit het by die Safari Hotel in Windhoek geskied. Namibië se veteraan-joernalis en media-aktivis Gwen Lister het ‘n groot rol hierin gespeel.
Op 29 April daardie jaar het 63 joernaliste van 38 lande van reg oor Afrika asook 23 waarnemers van lidlande van die VN, drie interregeringsinstansies, 22 nie-regeringsorganisasies en drie organisasies van die VN in Windhoek saamgetrek en vier dae later die geskiedkundige dokument aanvaar.
Die saamtrek is deur Unesco saam met die VN se ontwikkelingsprogram (UNDP), die Internasionale Federasie van Koerantuitgewers, die Internasionale Federasie van Joernaliste en die Internasionale Persinstituut gereël.
Prof. Lizette Rabe, hoogleraar in joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch, het Donderdag in ‘n onderhoud met Kletskompas, Republikein se aktualiteitsprogram op Facebook, gesê in die literatuur word dié deklarasie die “grand daddy” van persvryheid genoem.
“Hoekom is dit so belangrik? Want sonder onafhanklike joernalistiek is daar nie ‘n demokrasie in ‘n land nie,” het sy gesê.




Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%