Worldskills besoek Namibiu00eb
Worldskills besoek Namibiu00eb

Worldskills besoek Namibië

Augetto Graig
Augetto Graig

Worldskills International, ’n internasionale org­a­nisasie wat vaardighede en loopbane bevorder wat nie aan universiteite gevolg kan word nie, se president, mnr. Simon Bartley, was verlede week in Windhoek om bewusmaking te skep vir die eerste nasionale vaardigheidskompetisie wat vanaf 14 tot 17 September by Ramatex beplan word.
Hy het saam met die Afrika-verteenwoordiger, me. Tayla Schou van Suid- Afrika, met verteenwoordigers van die Nasionale Jeugraad (NYC), gelei deur die uitvoerende voorsitter, me. Elsarien Katiti, vergader.
Volgens Bartley het tot 40% van universiteitsgegradueerdes in Brittanje verlede jaar geen werkaanbiedinge gekry nie. Hy sê ouers beïnvloed meer as enige iemand anders kinders se besluite oor wat om te studeer en watter loopbane om te volg, en dat meeste ouers onder die verkeerde indruk verkeer dat slegs universiteitskursusse die moeite werd is om te volg.
“Ek glo met ’n passie dat as ­jongmense liewer net kan besef dat geen ekonomie net met universiteitsgegradueerdes kan funksioneer nie, en dat hulle ’n goeie bestaan met hul vaardighede kan voer, dit vir almal beter sal wees. Boonop kan jongmense met vaardighede geld verdien terwyl hulle nog verder leer,” sê hy. “Ek kraak universiteite nie af nie, maar die wêreld sou ’n beter plek gewees het as jongmense die waarde van vaardighede beter verstaan het,” sê hy.
Hy het die belang van die vaardigheidskompetisies wat sy organisasies wêreldwyd ondersteun, benadruk en gesê dit bied die jeug die ­geleentheid om ware kundigheid in aksie te sien. Nog ’n belangrike voordeel van dié tipe kompetisies, wat Namibië vanjaar vir die eerste keer sal aanbied, is die kans wat dit vir onderwysers en kenners gee om met mekaar te gesels.
“Hulle praat daar met kenners van oral in die wêreld oor hul vlakke van kundigheid, en hul maniere van onderwys gee.
“Dit is uiters belangrik omdat dit dan weer plaaslik toegepas kan word. Hierdie kompetisie sal Namibië help ontwikkel en sal meer belegging lok. Dit werk in ander lande,” het Bartley gesê.
Ten opsigte van belegging, sê Bartley: “Ons lewe in ’n globale ekonomie waar geld en idees van een land na die ander met die druk van ’n knoppie verskuif word.
“Een van die groot hulpbronne van ’n land is sy mense; sy werksmag. As ’n groot maatskappy besluit om ’n fabriek iewers op te rig, is dit die aantal mense met vaardighede wat bepaal waar dit gedoen word,” sê hy.
Die Worldskills-vaardigheidskompetisies help om meer mense met vaardighede te kweek. Verlede jaar is die kompetisie in Sao Paulo in Brasilië gehou en Namibië het vir die eerste keer deelgeneem.
Rachel Amutenya, Erkana Imene, Joseph Nakatembe en Fanuel Mathias het Namibië daar tussen 1 300 deelnemers, verteenwoordig. Die deelname het ook vir World­skills Namibia, wat in 2011 gestig is, amptelik ’n lid van die wêreldorganisasie gemaak.
Aanstaande jaar sal die kompetisie in Abu Dhabi in die Arabiese Emirate plaasvind. Die beste Namibiërs onder die ouderdom van 23 jaar, wat in September geïdentifiseer sal word, sal die land daar verteenwoordig. Dusver is 117 deelnemers deur middel van streekopnames vir September se kompetisie geïdentifiseer.
Volgens Katiti is vaardigheid ontwikkeling ’n prioriteit vir die Jeugraad, en hulle is vasbeslote om die kompetisie en die bood­skap daaragter wyd bekend te maak in Namibië.
Die kompetisies beoordeel vaardigheide in motortegnologie, messelwerk, houtwerk, kook, elektriese installasie, skrynwerk, loodgieter en verwarming, verkoeling en lugreëling, muur- en vloerteëls asook sweiswerk.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026