Woord van die week
perkate s.nw. (geselstaal) Ook soms, geselstaal, pakaters. Snaaksighede, streke of manewales: Op die buite-oond sit ’n klaasskawagter en maak perkate (T. Kotzé: Latjieboud, 1972, 73). Voor sononder lê hulle al weer op die werf of staan en kyk na die lammers wat bondel geslaan het en nou perkate uithaal van die skone uitgevreetgeit (A.A.J. v. Niekerk: Kelkiewyn, 1969, 80). Murphy Jensen se verdwyning is nie juis so raar as ’n mens hom en sy broer se perkate op en van die baan in ag neem nie. "Dual Hand Luke" . . . en Murphy stel dit ten doel om lewe in tennis te blaas (Burg., 5 Jul. 1995, 24).
Verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)
Verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie