Windhoek Skou skop af
Augetto Graig - Die gewilde Windhoek Skou skop vandag in die hoofstad af en beloof nege dae van pret en genot vir die skougangers sowel as uitstallers.
Die hekke open amptelik om tienuur vanoggend en is elke dag tot Saterdag 8 Oktober oop tot tienuur saans.
Die eerste dag sluit in ’n amptelike ontbytgeselligheid vir die uitstallers en pryswenners van die mooiste stalletjies.
Vanjaar neem meer as 300 kommersiële uitstallers en meer as 50 landbou-uitstallers aan die skou deel. Die voorsitter van die skoukomitee, mnr. Harold Schmidt, sê baie nuwe uitstallings sal te siene wees met meer as 30% van uitstallers wat vir die eerste keer die skou bywoon.
Weens die beperkte geriewe op die skouterrein kan die skou nie veel groter word met betrekking tot die aantal uitstallers nie, veral nou dat alle buite- en binnenshuise stalletjies benut word. “Ons het ’n vol huis,” sê Schmidt.
Een nuwe aantrekking sal beslis die kampioenskappe van Appaloosa-perde wees wat Woensdag plaasvind.
Wat die landbou-uitstalling betref, het 54 kleinveetelers altesaam 1 440 stuks vee ingeskryf en 30 beestelers kom met 259 diere skou.
Skougangers word ook hartlik uitgenooi om die pretpark se mallemeule te geniet, of om hulle lam te skrik by die slangpark, wat beide daagliks van elfuur die oggend tot kwart voor elf saans oop is. Dié jaar is nie net die groot wiel by die pretpark teenwoordig nie, maar ook twee nuwe tuimeltreinritte, wat beslis die adrenalien gaan opjaag.
Diegene wat wil sit en asem skep, kan die kosplaza besoek waar warm kos saam met musiek opgedis sal word. Die geselligheid in die sosiale plaza sal elke aand tot negeuur duur en Schmidt is veral trots daarop dat dié jaar ’n plek vir gesellige kuiertjies geskep is. Hy noem ook dat ten minste 400 sitplekke beskikbaar is vir diegene wie se voete seer gestap is.
Die openingseremonie is Donderdag 6 Oktober tydens die kleinveeparade. Dit vind plaas tussen 16:00 en 17:30 en word om 20:00 deur die gesogte vuurwerkvertoning gevolg.
Buiten vir die skou se sekuriteitsdienste, sal Windhoek se stadspolisie en Nampol ook seker maak besoekers se veiligheid word gewaarborg. “Ons het ook die aantal kameras vermeerder om veiligheid op die perseel te verseker,” sê Schmidt.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie