Windhoek kort meer as N$500 miljoen
Windhoek kort meer as N$500 miljoen

Windhoek kort meer as N$500 miljoen

Tariewe word verhoog en grond ontwikkel in ’n poging om toekomstige uitgawes te dek.
Augetto Graig
Augetto Graig - Windhoek se stadsraad het laas week die munisipaliteit se jaarlikse begroting vir 2017-'18 goedgekeur.

Dít ten spyte van ’n yslike tekort van amper N$505 miljoen om die stad se beplande uitgawes te dek.

Die tekort is 127,4 % meer as die vorige jaar s'n.

Die hoofstad beplan om N$4,18 miljard vir die finansiële jaar in te samel en wil oor dié tydperk meer as N$4,68 miljard bestee.

Die voorsitter van die stad se bestuurskomitee, mnr. Matheus Amadhila, het gesê: “Ons huidige inkomstebasis en alternatiewe bronne kan nie in die vraag vir dienste in die huidige ekonomiese klimaat voldoen nie.”

Inwoners sal ook meer moet bydra om die stad se groeiende uitgawes te dek.

Tariewe vir water, elektrisiteit, vullisverwydering en eiendomsbelasting styg.

Selfs buskaartjies word duurder.

Volgens die munisipaliteit se strategiese beampte vir finansies, mnr. George Esterhuizen, kan lae-inkomste families verwag om maandeliks sowat 8,49% meer te betaal. Dis ongeveer N$70 meer per maand.

Middelinkomste gesinne sal sowat 9,45%, of N$190, meer bestee, terwyl die rykes sowat N$427 of ’n 9,4%-verhoging op hul rekeninge kan verwag, sê Esterhuizen.

Volgens hom is die tekort grotendeels toe te skryf aan die manier waarop die stad die internasionale openbare sektor rekenkunde standaarde (IPSAS) toepas wat vir heelwat meer waardevermindering voorsien.

Hy sê tot N$406 miljoen van die tekort kan aan dié voorsiening toegeskryf word.

Volgens hom is die voordeel van die toepassing van IPSAS dat die waarde van die hoofstad se bates verdubbel, wat tans sowat N$3,5 miljard behels.

Sonder die voorsiening sou die tekort minder as N$100 miljoen wees - minder as die drie vorige jare toe die tekort N$378 miljoen, N$270 miljoen en N$157 miljoen was.

Die stad bestee veral groot bedrae aan die lewering van basiese dienste aan inwoners.

Die grootste deel van die begroting vir operasies word aan nasionale grootmaatverskaffers NamPower en NamWater oorbetaal, het Esterhuizen gesê.

Vir grootmaat- kragverskaffing sal die stad 34% van die begroting aan operasies bestee, terwyl 9% van dieselfde begroting vir grootmaat water opsy gesit is.

Die munisipaliteit beplan om 30% van dié begroting aan salarisse te bestee en 5% aan onderhoud.

Die begroting vir operasies behels vanjaar 88% van die totale begroting.

Die hoofstad beplan om vanjaar meer as N$638,4 miljoen aan kapitaaluitgawes te bestee.

Daarvan sal N$208 miljoen bestee word aan water en tegniese infrastruktuur, terwyl N$188 miljoen aan infrastruktuur vir kragverskaffing bestee sal word.

Ander groot beleggings sluit in sowat N$61 miljoen vir behuising, meer as N$45 miljoen vir ekonomiese ontwikkeling, N$71 miljoen vir vervoerbeplanning en N$40 miljoen vir die ontwikkeling van informele woonbuurte.

Die stadspolisie ontvang N$8,2 miljoen van die begroting, terwyl die uitvoerende hoof se kantoor N$5 miljoen ontvang om dienste aan gemeenskappe in die groter Windhoek-jurisdiksie te verskaf.

Ander interessante uitgawes wat vanjaar beoog word, sluit in 25% meer vir topbestuur se vermaak (N$227 000), N$350 000 vir algemene vermaak, N$1,44 miljoen vir bemarking, N$400 000 vir geleenthede, N$275 500 vir verversings, sowat N$27 600 vir parkeerkaartjies en meer as N$50 000 vir soeweniers.



Dié strategie het volgens Esterhuizen ten doel om besigheidsprosesse te verbeter sodat daar bespaar kan word op die koste van operasies.

Dit beoog ook om eie fondse te genereer deur die verkoop van grond sodat beplande kapitaalprojekte bekostig kan word.

Windhoek sal grond identifiseer, dit ontwikkel met die hulp van banklenings, dit weer verkoop om die lenings terug te betaal en die wins dan versamel om oor vier jaar hul eie begroting te kan finansier, sê Esterhuizen.



Munisipale tariefverhogings:

Basiese water – 7%

Waterverbruik – 13%

Besigheidswaterverbruik – 20%

Water deur kommunale waterpunte – 9%

Vullisverwydering – 10%

Eiendomsbelasting – 15%

Vaste afvalverwydering – 10%

Riool – 7%

Krag – 10%, afhangend van goedkeuring deur ECB

Buskaartjies – N$1 meer per rit

Semi-gesuiwerde water – 25%

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%