WHS Koedoebulle te wild
Rugby
Tielman van Lill - Nege vyfpunters het Saterdag die Mentor Fish Traders De Duine Hoërskool rugbyspan se lot verseël toe Samsung WHS met 70-0 by die FNB Vegkop-stadion gewen het.
De Duine van Walvisbaai, wat ná 'n paar jaar van afwesigheid weer vir die Momentum o.19-premierliga ingeskryf het, is besig om voel-voel sy pad terug in dié opwindende reeks te vind. Die gasheer het sy eerste helfte met 27-0 afgesluit, maar in die tweede helfte teruggekeer om 43 onbeantwoorde punte op te stapel.
Die besoekers het waarlik hul bes gegee en moenie dink die seuns van die kus is nie gewillig om hul lywe op die spel te plaas nie. Die wyse waarop De Duine Saterdag hul pak gevat het, is bewonderenswaardig.
Van die seuns het voor die afskop op een knie afgesak om God se hand van beskerming oor hulle te vra. Nie een keer het die jongmanne van Walvisbaai agter die pale onder mekaar baklei nie en het volhard om hul bes te lewer tot die wal gebars het en die gety te groot was om die Koedoebulle se stormlopies te stu.
Dinge het aanvanklik goed vir die besoekers in die skrums begin, maar het gaandeweg begin lol. Met hul lynstane wat ook nie wou vlot nie, was die gewillige Baaienaars van broodnodige besit weerhou en was hulle gedurig op die agtervoet.
Wanneer hulle wel die bal gekry het, het onnodige foute en besluitneming hul bewegings gepootjie. Met die nodige ondervinding en wasdom wat met die ervaring sal kom, kan De Duine hulle wel laat geld.
Die Koedoebulle kon Saterdag hul beseerde en ervare kaptein en slot, Erik Strauss, laat rus terwyl hulle steeds nege ligapunte (die maksimum) ingesamel het wat hulle vanuit die agtste posisie (14 punte) op die puntelys tot derde laat opskiet het.
Met De Duine se moedige poging groei hul totaal met drie ligapunte tot 15.
WHS het elke faset oorheers en het goeie fases agtereenvolgens opgestel om hul aanvalle in punte te omskep. Hul lynstane was solied en in die skrums was hul opponente nie opgewasse teen die blou masjien nie. Die Koedoebulle het Saterdag vir 'n slag rugby gespeel, maar hulle kan gewis nie oorgerus raak nie en sal hul verdediging moet opskerp vir die sterker spanne wat nog vir hulle voorlê.
WHS se eerste drie punte het van 'n strafskop van die woelwater losskakel Roschano van Rooi gekom wat ook sewe doelskoppe behartig en dit met nog 'n strafskop afgerond het om sy bydrae op 20 te laat staan. Een van Van Rooi se strafskoppe was 'n monster vanuit sy eie halfgebied wat hy veilig oorgeklits het.
Die derde strafskop en nog 'n doelskop is suksesvol deur Geraldo Beukes hanteer.
Die gewilde stut Iyambo speel met elke wedstryd beter en het Saterdag gewys hoe sterk hy werklik is. Die gasheer se vlugvoetige buitesenter, Maandero Haimbodi, het 'n bokjol met sy driekuns beleef. Haker JC Rossouw, slotte Conwil Draghoender en Riaan Grové, agtsteman Sheron Rossouw, skrumskakel Tyreese de Wee en regtervleuel Patrick Karsten het die res van die nege drieë gedruk.
De Duine het wel by twee geleenthede met strafskoppe aangelê pale toe, maar beide poging was te ver om suksesvol afgerond te word.
Een van die min negatiewe aspekte van die ontmoeting in goeie gees was dat beide spanne se spelers vir terugpratery gestraf is en 'n geelkaart is kort voor die einde aan flank Donoven Resandt gewys.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie