WHS gaps twee dramatiese eindstryde
Windhoek Hoërskool se onder 19- en o.17-netbalspanne het verras deur die senior liga-eindstryde Saterdagaand op hul tuisbaan in te palm.
Die diepte in die geledere van Windhoek Gimnasium se netbal is weer eens uitgestal, hoewel hulle in die twee senior ouderdomsgroepe nie die knoop teen WHS kon deurhaak nie.
WHS se eerste span het die o.19-finaal met 28-16 teen Windhoek Gimnasium gewen, terwyl die o.17-eindstryd teen die Sekondêre Skool Otjiwarongo op ’n spannende 31-30 geëindig het.
Die Gimmies het wel in die o.15-afdeling die botoon gevoer deur Elnatan in die beslissende wedstryd met 16-11 te klop.
Dié rooi span was die enigste onoorwonne span in enige van die hoërskoolligas.
Otjiwarongo kan nietemin trots wees op die noordedorp se twee medaljes in beide die o.17 en o.19 kategorieë. Stampriet, Tsumeb, Swakopmund en Walvisbaai is die ander dorpe wie se skole in die hoërskole se semifinale betrokke was.
By die laerskole se twee kategorieë was vier skole se spanne in die halfeindronde betrokke, naamlik Windhoek Gimnasium, Elnatan, Primêre Skool Wilhelm Nortier en Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP).
Wilhelm Nortier van Grootfontein het die o.13-eindstryd met 12-9 teen Elnatan beklink, terwyl Windhoek Gimnasium die titel van die onder 12’s teen WAP ingepalm het.
Windhoek Gimnasium was die enigste skool wat ’n medalje in elke ouderdomsgroep by die hoër én laerskole ingepalm het. Agt skole van dwarsoor die land het egter medaljes gewen, wat wys dat die krag steeds redelik eweredig versprei is.
Elnatan het met drie medaljes na Stampriet teruggekeer.
• Die finale se tellings was soos volg:
Onder 12-finaal: Windhoek Gimnasium klop Windhoek Affies 14-3. Bronswedstryd: Elnatan wen met 15-8 teen Wilhelm Nortier (Grootfontein).
Onder 13-finaal: Wilhelm Nortier klop Elnatan 12-9. Bronsfinaal: Windhoek Gimnasium wen met 11-10 teen Windhoek Affies.
Onder 15-finaal: Windhoek Gimnasium klop Elnatan met 16-11. Bronsfinaal: Tsumeb Gimnasium wen met 17-16 teen De Duine (Swakopmund)
Onder 17-finaal: Windhoek Hoërskool klop Otjiwarongo met 31-30. Bronsfinaal: Windhoek Gimnasium wen met 36-18 teen Duinesig (Walvisbaai).
Onder 19-finaal: Windhoek Hoërskool klop Windhoek Gimnasium 28-16. Bronsfinaal: Edugate (Otjiwarongo) wen met 24-14 teen Tsumeb Gimnasium.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie