Wayde kap terug oor foto saam met Sonny Bill
Olimpiese Spele
Die Suid-Afrikaanse Olimpiese gouemedaljewenner en wêreldrekordhouer, Wayde van Niekerk, het teruggekap ná ’n onderonsie met die land se omstrede Spele-baas, Tubby Reddy, oor ’n foto op Twitter.
Reddy het glo “ontplof” nadat Van Niekerk kort voor die aanvang van die Spele in Rio de Janeiro vir ’n foto saam met die All Black-rugbyster, Sonny Bill Williams, geposeer het.
Williams, wat Nieu-Seeland in die Olimpiese sewestoernooi verteenwoordig het en wat ’n groot aanhanger van Van Niekerk is, het dié foto op Twitter gedeel.
Verskeie van Van Niekerk se spanmaats het bevestig dat Reddy “woedend” was oor dié foto waarin Van Niekerk ’n T-hemp dra met die kenteken van sy jarelange borg Adidas daarop.
Die Bloemfonteiner het Dinsdag op Twitter teruggekap deur te sê die SA span het hul Olimpiese uitrusting eers die aand nadat die foto geneem was, ontvang.
Hy het ook gevra wie die geleentheid sou laat verbygaan om saam met die All Black vir ’n foto te poseer.
Van Niekerk het in Rio die goue medalje in die 400 m-wedloop in ’n tyd van 43.03 sekondes gewen vir Suid-Afrika se eerste baangoud in 96 jaar.
Reddy het die onderonsie met Van Niekerk by navraag ontken.
“Ek weet wel hy is kort voordat hy sy medalje gewen het, aangespreek omdat hy Adidas-klere gedra het. Wayde het die reëls oortree, want vir die duur van die Spele behoort hy aan die Suid-Afrikaanse span en word hy nie deur Adidas geborg nie.
“Die ouens wat die Spele borg, betaal baie en dan kom ander maatskappye en vat kanse. Ek is self nie op sosiale media nie. Ek glo dit skend jou privaatheid.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie