Vroue-verteenwoordiging in besluitneming verbeter
Vroue-verteenwoordiging in besluitneming verbeter

Vroue-verteenwoordiging in besluitneming verbeter

Vyfde spitsberaad oor geslag en media aangebied
Estelle de Bruyn
Dorcas Mhungu - Ondanks goeie vordering wat met geslagsgelykheid in Namibië gemaak is, is die land gewaarsku om nie op sy louere te rus nie.
Die Verenigde Nasies (VN) se inwonende koördineerder in Namibië, me. Kiki Gbeho, het hierdie opmerkings verlede week tydens die opening van die vyfde geslag- en media-spits­beraad in Windhoek gemaak.
Van Namibië se prestasies sluit in die vyfde plek op die Afrika-ranglys wat geslagsgelykheid in die parlement betref; ’n nasionale beleid op geslag; en aksieplanne vir die voorkoming van geslagsgegronde geweld en begrotingsriglyne wat geslag in ag neem. Tog is daar gebiede waarop steeds verbeter kan word.
Gbeho sê dit is jammer dat 33 persent van alle getroude vroue in Namibië tussen die ouderdom van 15 en 49 fisieke, seksuele of emosionele geweld van ’n lewensmaat ervaar het.
Volgens haar dui statistiek, wat vroeër vanjaar deur die polisie vrygestel is, daarop dat geslaggegronde geweld aan die toeneem is, met 822 gevalle wat reeds vanjaar aangemeld is.
“Ongeveer 3 500 gevalle waar vrouens die slagoffers van ernstige fisieke beserings was, is jaarliks tussen 2009 en 2014 aangemeld,” het Gbeho gesê. Hierbenewens word vrouens die swaarste deur armoede geraak.
“Namibië is nommer een op die ranglys van mediavryheid in Afrika en 17de in die wêreld. Hierdie status bied ’n uitstekende geleentheid vir die Namibiese media om vir sowel geslagsgelykheid as versnelde ontwikkeling voorspraak te maak,” het Gbeho gesê.

ROL VAN MEDIA
Volgens haar speel die media ’n uiters belangrike rol in die verbetering van die publiek se begrip oor heersende of ontluikende kwessies. Die land kan ook help om deursigtigheid en aanspreeklikheid te verbeter deur dialoog tussen besluitnemers en die res van die samelewing te fasiliteer.
“Sonder die media sou dit baie moeilik wees om ’n breë bespreking te hê, geslagsgelykheid te bewerkstellig, armoede te beëindig en ontwikkeling te versnel,” het sy gesê.
Die eerste minister, me Saara Kuu­gongelwa-Amadhila, het op haar beurt op die noodsaaklikheid van leierskap in volhoubare ontwikkeling gewys. Sy sê inklusiwiteit is die belangrikste faktor in die proses om volhoubare ontwikkeling te verseker.
“Wat ons ontwikkelingsbeleide betref, moet ons mensgesentreer wees, anders sal dit nie die toets van die tyd deurstaan nie. In hierdie verband neem nasionale eienaarskap en leierskap die belangrikste plek in ’n mensgesentreerde ontwikkelingsmodel in,” het Kuugongelwa-Ama­dhila gesê.
Sy sê vandag se leierskap vereis ’n diepgaande begrip dat die land se strewe om ’n ontluikende markekonomie te wees, aan doeltreffende leier­skap verbind is.
Kuugongelwa-Amadhila sê Namibië se ekonomiese uitdagings, asook onontginde geleenthede, vereis meer energieke leiers met insig.
“Met al die streeksekonomieë wat onder-optimale groei behaal het, het dit gebiedend noodsaaklik geword om sterk bestuurders en leiers te ontwikkel, wat voorbereid is om die kompleksiteite op hierdie gebied te hanteer,” het sy gesê.
Volgens haar is stabiliteit die noodsaaklikste faktor in ekonomiese ontwikkeling.
Dit vereis dat instansies versterk en opgebou word. Sy sê daar is ’n gebrek aan hierdie instansies, of die leierskap is huiwerig om bestaande instansies te hervorm.
Wat deursigtigheid betref, sê Kuu­gongelwa-­Amadhila die land het goeie vordering met die finalisering van die wetsontwerp op toegang tot inligting gemaak.
“Dit sal meebring dat ons gehoor gee aan die bepalings van die Verklaring op Beginsels en Vryheid van Uitdrukking wat in 2002 deur die Afrika-unie (AU), bykomend tot artikel 9 van die Afrika Handves van Mense- en Volkerereg, aanvaar is. Die verklaring maak voorsiening dat elke individu die reg het om inligting te bekom,” het sy gesê.
Die premier het die spitsberaad geloof vir die insluiting van strategieë om geslagsbalans in die media te verbeter.
Volgens haar was daar ’n verbetering in vroue-verteenwoordiging in besluitnemingsposte.
’n Opname wat in 2015 gedoen is, dui aan dat vroue 30 persent van direksielede teenoor die 28 persent in 2010 uitmaak; 35 persent van topbestuursposte is deur vroue beklee in vergelyking met 23 persent in 2010 en 34 persent senior bestuurders was vroue in vergeleke met 28 persent in 2010.
Kuugongelwa-Amadhila sê indien vroue in die groei van die ekonomie wil deel, moet geslagsgelykheid in alle nasionale planne, beleide en strategieë ingesluit word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026