Vroue by uitkykpunt beroof
Henriette Lamprecht - ’n Ma en dogter uit Duitsland is verlede Sondag deur twee mans naby die reservoir in Andersonstraat, beter bekend as Windhoek se “cone” beroof.
Die ouer vrou is in die voorval met ’n mes in die hand gesteek en sy moes steke kry. Volgens ’n inwoner wat al 40 jaar in die omgewing woon, mnr. Herman van Wyk, was hy en sy vrou die oggend op pad kerk toe, toe die twee vroue skielik agter hul motor verskyn.
Die ma was volgens hom op besoek uit Duitsland aan haar dogter wat as deel van ’n uitruilprogram in Namibië is. Die twee vroue het in ’n nabygeleë gastehuis tuisgegaan en het die oggend besluit om ’n ent te gaan stap. Die ouer vrou het ’n groen sak oor haar skouer gedra, met twee mans wat skielik uit die bosse hul verskyning gemaak en dit van haar probeer wegruk het.
“Die een man het die handsak se skouerband met ’n mes probeer lossny en in die proses die vrou se hand raakgesny. Die mes het dwarsdeur haar hand gegaan en sy het haar pinkie gebreek.”
Volgens Van Wyk het hy dadelik die stadspolisie gebel wat die vrou se sak naby die toring opgetel het. Haar kontant, ’n selfoon en kredietkaarte was egter gebuit.
Die vrou is volgens Van Wyk vir “meer as twee ure” in ’n plaaslike hospitaal behandel waar sy sewe steke moes kry om die wond in haar hand te heg, terwyl haar pinkie ook gespalk is. Sy het dieselfde aand teruggekeer Duitsland toe.
Dit is derde geval in die laaste twee jaar waarin Duitse toeriste in die omgewing aangeval en beroof is. In die vorige geval het ’n Duitse vrou tydens die roof geval en is haar voorarms gebreek toe die rowers daarop getrap het. Volgens Van Wyk het hy ’n versoek aan die Windhoekse munisipaliteit gerig om kennisgewingborde hier op te rig om toeriste en besoekers teen moontlike boewe en aanvalle te waarsku.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie