Vrag gesteel
Tanja Bause - ’n Vragmotor met ’n vrag koeldrankbottels gelaai, het gister om 08:00 sowat 80 kilometer buite Otjiwarongo op pad na Okahandja aan die brand geslaan.
Volgens hoofinspekteur Naukalemo Andreas van die Namibies polisie, het die vragmotor se koeëllaers aan die linkeragterwiel aan die brand geslaan. Terwyl die bande en ’n deel van die vrag gebrand het, het talle mense langs die pad stilgehou en hulle aan die koeldrankbottels gehelp.
“In plaas daarvan dat mense die vrag help beskerm en die brand blus, steel hulle,” lui een van die talle opmerkings op sosiale media.
“Ongelukkig is lede van die publiek altyd eerste op so ’n toneel en kan ons nie verhoed dat vrag gesteel word nie,” het Andreas gesê.
Die polisie het wel met hul aankoms die toneel afgesper en verdere diefstal verhoed. Die polisie het ook ’n padblokkade in Otjiwarongo opgerig toe hulle van die diefstal uitgevind het.
“Ons het elke voertuig gestop wat Otjiwarongo binnegery het en deursoek. Ons het op die gesteelde ware beslag gelê,” het Andreas gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie