VN-komitee vra wettig aborsies, erken LGBT-regte

Weerstand by regering oor ­tradisionele gebruike
Estelle de Bruyn
Tradisionele gebruike en plaaslike voor- of afkeure is geen verskoning vir Namibië om nie verantwoordelikhede ingevolge internasionale wetgewing en verdrae na te kom nie.
So sê prof. Sarah Cleveland, een van die twee lede van die Verenigde Nasies (VN) se menseregtekomitee, wat Namibië vandeesweek besoek het.
Die komitee bestaan uit 18 onafhank­like menseregte-deskundiges wat periodiek lande wat die internasionale verbond op mense- en politieke regte onderteken het, se nakoming daarvan nagaan. Namibië is ’n ondertekenaar van die verbond.
As deel van hul verantwoordelikheid moet lande aan die komitee rapporteer en insette van die burgerlike samelewing word ook gevra. Ná die publikasie van die VN-komitee­ se aanbevelings oor aspekte waar Namibië in gebreke bly met die nakoming van die bepalings, word die land ses maande gegun om dit reg te stel. Ná terugrapportering word dit deur die komitee geëvalueer en punte word vir nakoming toegeken.

Komitee beraadslaag wyd
Die besoek van die twee komiteelede, Cleveland en mnr. Victor Rodriguez-Rescia, is deur die sentrum vir burgerlike en politieke regte in Genève en die plaaslike regshulpsentrum (LAC) moontlik gemaak. Dit het ’n opvolggeleentheid gebied waartydens hulle met verskeie nieregeringsinstansies, die minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, die ombudsman, die parlementêre portefeuljekomitee belas met menseregte, die adjunkkommissaris van polisie, die adjunkminister van veiligheid en sekuriteit en die minister van justisie samesprekings gevoer het.
Van die aanbevelings van die komitee is dat Namibië werk moet maak om van diskriminerende en rassistiese wetgewing, wat uit die apartheid-era dateer, ontslae te raak.

Apartheid-era wetgewing moet geskrap word
Die feit dat sodomie, volgens Namibiese wetgewing, steeds ’n misdaad is en dat verhoudings tussen mense van dieselfde geslag uitgesluit is van die wet op die bekamping van huishoudelike geweld, voldoen ook nie aan die vereistes van die verbond nie.
Voorts beveel die komitee aan dat die wet op intestate boedels geskrap moet word en dat wetgewing aanvaar moet word teen haatmisdade waarby die lesbiese, gay, biseksuele en transvestiese gemeenskap (LGBT) ingesluit word.
Volgens Cleveland vra die komitee, wat sekere aspekte betref, vir meer doeltreffende implementering van bestaande wette en ook dat sekere wette geskrap en ander gewysig moet word.
Die wye voorkoms van geslagsgeweld in Namibië wek ernstige kommer by die komitee wat meen die wet op huishoudelike geweld is onvoldoende. Boonop werk die polisie se vroue- en kinderbeskermingseenhede net tussen 08:00 en 17:00 en in landelike gebiede is daar dikwels nie sodanige eenhede nie.
Namibië word ook gevra om breë beraadslaging te doen en ook tradisionele gemeenskappe te betrek en hulle van hul menseregte bewus te maak.
Nog ’n aanbeveling is dat ’n beskermingsprogram vir getuies tot stand gebring word.

Skaf lobola, gedwonge ­huwelike af
Die komitee het ook bevind dat praktyke van seksuele inisiasie skadelik en inderdaad ’n skending van menseregte is. Die wettiging van aborsies word ook bepleit. Voorts moet praktyke soos die betaling van “lobola”, gedwonge huwelike van kinders ingevolge tradisionele wette en weduwees wat gedwing word om met hul ontslape mans se broers te trou, ook mee weggedoen word.
Rodriguez-Rescia se waarneming is dat, in die beraadslaging met die Namibiese regering, weerstand oor LGBT-aangeleenthede en tradisionele gebruike voorkom.
“Ons is daar om te help, en sal graag die regering met raad bedien oor hoe om wetgewing te wysig, en konflik tussen plaaslike wetgewing en internasionale verdrae reg te stel.
“Voorkoming is uiters belangrik en die regte moet erken word. Ons is ’n brug tussen die regering en internasionale instansies en wys bloot op die verskille in kulturele regte teenoor die internasionale verpligtinge wat nagekom moet word,” het hy gesê.
Die mense- en politieke regte komitee het geen afdwingbare gesag nie en maak staat op ’n taktiek van “noem en verneder.”
“Die komitee kan net tekortkominge­ onder ’n land se aandag bring en aanbevelings maak,” het Rodriguez-­Rescia gesê.
Hy het ook daarop gewys dat geen vergelykings met ander lande deur die komitee getref word nie. Baie regeringslui met wie die komiteelede in verbinding was, het daarop aangedring dat, in vergelyking met ander Afrikalande, Namibië nie te sleg vaar nie. Die komitee weeg bloot ’n land op teen internasionale standaarde waarop ooreengekom is.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.45 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.83 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.25/OZ UP +0.15% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.36% | Zinc US$ 2 859.00/T UP 0.03% | Brent Crude Oil US$ 89.01/BBP UP +0.13% | Platinum US$ 910.64/OZ DOWN -0.0057 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.45 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.83 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.25/OZ UP +0.15% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.36% | Zinc US$ 2 859.00/T UP 0.03% | Brent Crude Oil US$ 89.01/BBP UP +0.13% | Platinum US$ 910.64/OZ DOWN -0.0057