Vissers misnoeg oor u2018misverstandeu2019
Vissers misnoeg oor u2018misverstandeu2019

Vissers misnoeg oor ‘misverstande’

Cavema Fishing het die lug gesuiwer ná ’n betoging deur 645 vissermanne wat ontevrede met hul vastetermyn-dienskontrakte is.
Yandi Du Plessis
Leandrea Louw op Walvisbaai – Cavema Fishing het aantygings wat teen hulle gemaak is as “misverstande” uitgemaak nadat byna 700 vissermanne onder die vaandel van die Affirmative Repositioning (AR) betoog het en verlede week 'n klagskrif aan die bestuur van dié maatskappy op Walvisbaai oorhandig het.

Die vissers het aangedring op antwoorde oor waarom hulle net vastetermyn-dienskontrakte en 'n salaris van N$3 970 sonder voordele ontvang het.

Die AR-leiers en die bestuur van Cavema het Dinsdag vergader om dié kwessies uit die weg te ruim.

Mnr. Robert Shimooshili, 'n direkteur van Cavema Joint Venture, het sy teleurstelling uitgespreek oor die manier waarop die AR die saak benader het.

“Hulle het nooit eens gevra om die kwessie te bespreek nie. Cavema was een van die eerste ondernemings, indien nie die eerste nie, wat gehoor gegee het aan die regering se versoek om die werkers van die 2015-staking in diens te neem. Ons het meer as 645 van dié werknemers in diens geneem en almal het hul dienskontrakte gewilliglik onderteken.”

KWOTATOEKENNING

Shimooshili het gesê 'n kwota van 5 600 ton gevriesde maasbanker is aan Camposatu Investments toegeken, soos deur Cavema aanbeveel is, en Rainbow Fishing Co het ’n kwota van 1 792 ton gevriesde stokvis ontvang.

“Vernier Investments het egter ‘n kwota vir 6 330 ton gevriesde maasbanker ontvang, nie stokvis nie. Daarbenewens is Rainbow Fishing ‘n kwota vir slegs 500 metrieke ton nat stokvis ontvang, nie gevriesde stokvis nie.”

Hy het bygevoeg die indiensneming van die 645 vissermanne is uitdruklik onderhewig aan die toekenning van kwotas.

“Sodanige kwotatoekenning word op 'n jaarlikse basis vir die duur van die visvangseisoen gedoen. Die vastetermyn-kontrakte stel duidelik die indiensneming word outomaties met nog 'n jaar verleng indien die kwota volgens die aanwysingsooreenkoms toegeken word. In dié kontrak en die betaalstrokies word duidelik aangedui dat die werknemer 'n basiese salaris van N$3 300, 'n behuisingstoelaag van N$500 en 'n vervoertoelaag van N$200 ontvang. Die bogenoemde voorwaardes is bevestig in ons korrespondensie met die verskillende regeringsinstellings.”

Volgens Shimooshili is 'n vergadering onmiddellik “in die gees van samewerking” belê.

“Die verklaring (van die AR) is verkeerd rakende die werkers se vergoeding, aangesien dit verskeie voordele insluit. Ons hou niemand terug wat op see wil gaan werk of alternatiewe werk wil soek nie.”

Hy het bygevoeg vakante poste (indien beskikbaar) sal gevul word met bekwame en opgeleide werkers binne die onderneming.

“Ons het 'n aantal werkers in sulke seevaart-posisies geplaas. Ons het ook die sertifisering vir veiligheidsopleiding van ongeveer 50% van die vissers hernu, met nog 50% wat dié opleiding moet ontvang as 'n deurlopende inisiatief om te verseker hulle is gereed vir dié tipe werk.

"Ons voel dat ope gesprekke en samewerking die regte manier is om enige probleme of uitdagings op te los."

‘TERUG NA DIE BEGIN’

Die AR-woordvoerder op Walvisbaai, mnr. Knowledge Ipinge, het gesê hul mandaat is om vir die permanente indiensneming van die vissermanne te veg.

“Die betoging is net een aspek van die stappe wat die AR moet doen, soos hulle deur die vissers opdrag gegee is. Ons het vasgestel die vastetermyn-kontrakte is slegs geldig vir die kwotatoekenning van 12 maande. Op grond hiervan sal ons geregtigheid en permanente indiensneming eis vir diegene wat geraak word. Die komitee sal terug na die tekenbord en die massas op die grond gaan en dan die pad vorentoe bepaal. Ons sal met die maatskappy beraadslaag.”

MEESTERLYS

Shimooshili het gesê indiepteondersoeke sal van stapel gestuur word rakende werknemers wie se name na bewering van die “meesterlys” (die lys van al die 645 werknemers) verwyder is.

“Die meesterlys is onvoldoende, aangesien dit nie 100% akkuraat is nie. Daar is sommige mense op die lys wat byvoorbeeld in 2016 of 2017 afgelê is. Ons teikengroep is diegene wat werklik deur die staking in 2015 geraak is. Dít is 'n uitdaging. Ons het ingestem tot 'n bykomende ondersoek om te bepaal wie werklik deur die staking geraak is, aangesien hulle dié is wat by hierdie regeringsbevel moet baat.”

Daar is tans ongeveer 140 van dié vissermanne wat aktief by Cavena Fishing werksaam is, terwyl ander by die huis wag tot hulle dienste benodig word. Hetsy of die vissermanne aktief werksaam is of nie, ontvang hulle ‘n salaris. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 11° | 30° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 11° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 20° | 35° Wind speed: 46km/h, Wind direction: NE, Low tide: 07:38, High tide: 14:01, Low Tide: 19:40, High tide: 02:00 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:36, High tide: 13:59, Low Tide: 19:38, High tide: 02:00 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:36, High tide: 13:58, Low Tide: 19:38, High tide: 02:00 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 32° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 25° Antananarivo: 10° | 19° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 14° | 19° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 25° Currency: GBP to NAD 23.05 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.18 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.47 | USD to EGP 46.59 | USD to KES 130.73 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.18 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 425.19/OZ UP +0.20% | Copper US$ 5.03/lb DOWN -0.0053 | Zinc US$ 3 129.30/T UP 2.62% | Brent Crude Oil US$ 83.83/BBP DOWN -0.0027 | Platinum US$ 1 055.33/OZ DOWN -0.0276 Sport results: Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion Weather: Katima Mulilo: 11° | 30° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 11° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 20° | 35° Wind speed: 46km/h, Wind direction: NE, Low tide: 07:38, High tide: 14:01, Low Tide: 19:40, High tide: 02:00 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:36, High tide: 13:59, Low Tide: 19:38, High tide: 02:00 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:36, High tide: 13:58, Low Tide: 19:38, High tide: 02:00 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 32° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 25° Antananarivo: 10° | 19° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 14° | 19° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.05 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.18 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.47 | USD to EGP 46.59 | USD to KES 130.73 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.18 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 425.19/OZ UP +0.20% | Copper US$ 5.03/lb DOWN -0.0053 | Zinc US$ 3 129.30/T UP 2.62% | Brent Crude Oil US$ 83.83/BBP DOWN -0.0027 | Platinum US$ 1 055.33/OZ DOWN -0.0276