Vermeende verkragter in getuiebank
Polisie het glo klere in bloed laat val
Jacqueline Louw - Getuienis in die saak van die 25-jarige Rudolf Goagoseb, wat in September 2010 in hegtenis geneem is nadat hy na bewering drie skoolmeisies in Okahandja aangeval en seksueel gemolesteer het, is gister in die hoërhof voor waarnemende regter Boas Usiku afgehandel.
Die beskuldigde het getuig dat hy deur die bos gehardloop het voordat hy in hegtenis geneem is omdat hy deur sy ouers gewaarsku is dat dit ’n gevaarlike gebied was.
Hy het getuig dat die polisie sy klere in bewaring gehou het en hom na die hospitaal geneem het waar “monsters geneem is”.
Staatsaanklaer Palmer Khumalo het tydens kruisondervraging vir Goagoseb gevra hoe dit verklaar kan word dat volgens forensiese getuienis, bloed van een van die beweerde slagoffers op sy klere gevind is. Sy verklaring was dat die polisiebeamptes waarskynlik sy klere in haar bloed laat val het.
Dit is verder aan Goagoseb gestel dat hy deur drie getuies uitgeken is, waarop hy geantwoord het: “Daar is baie mense in hierdie wêreld wat ewebeelde van ander is. Die oortreder lyk miskien na my.” Khumalo het verder aan Goagoseb gevra: “Hy lyk soos jy en hy was soos jy aangetrek.
“Dit was waarskynlik jy?” waarop hy geantwoord het dat hy nie seksuele omgang met daardie meisies gehad het nie.
Goagoseb word daarvan beskuldig dat hy die drie meisies, wat tussen die ouderdom van 12 en 14 jaar oud was, aangeval het terwyl hulle deur ’n beboste gebied naby Okahandja se Nau Aib-woongebied gestap het. Hy was na bewering met ’n gebreekte bottel gewapen en het die meisies daarmee gedreig, hul hande vasgebind en hulle na bewering gedwing het om seksuele dade met hom te pleeg. Hy word ook daarvan beskuldig dat hy een van die meisies wat 12 jaar oud was, gewelddadig verkrag het.
Sy is later nakend en bebloed gevind en is vir mediese behandeling in die Okahandja-hospitaal opgeneem.
Betoë vir verswarende en versagtende omstandighede sal op 30 September deur Usiku aangehoor word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie