Toeriste op lughawe verwelkom
Ter voorbereiding van die viering van Wêreldtoerismedag op 27 September is internasionale toeriste Vrydag op luisterryke wyse by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako met tradisionele sang en danse verwelkom. 'n Kunsuitstalling, wat op Namibiese erfenis en kultuur fokus, is ook in die lughawegebou aangebied. Die geleentheid se doelwit is om toeriste op 'n warm, vriendelike manier te verwelkom. Wêreldtoerismedag word vanjaar amptelik op 27 September by die Zoo Park se amfiteater in die hoofstad gevier. Die Verenigde Nasies se Wêreldtoerismeorganisasie (UNWTO) se tema vir vanjaar is "Volhoubare toerisme - ’n instrument vir ontwikkeling". Namibië gaan dit tuisbring met die tema "Toerisme begin tuis". Foto Yochanaan Coetzee
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie