Titelseges vir Forrest en Lambert

Tielman van Lill
Tielman van Lill - Die Wanderers muurbalklub het die afgelope naweek sy Visions Consulting Ope-toernooi by sy bane in Pionierspark aangebied waar van Namibië se beste spelers in aksie was.
Topkandidate soos Andrew Forrest, Namibië se nommer een manspeler van Wanderers, Clifford de Witt van Buccaneers in Walvisbaai, Max Endjala van Klein Windhoek muurbalklub en selfs Henry Smit van die Durbanville-klub in die Wes-Kaap het ingeskryf.
Kompetisie by die byeenkoms was van uiters hoë gehalte en is deur die spelers selfs met die Namibiese Ope vergelyk.
Die Visions Consulting-toernooi volg kort op die hakke van suksesverhale soos die Nashua Ope en Amstel Lite dubbelspel-kompetisies wat spelers landwyd aanmoedig om deel te neem.
Met ’n groeiende aansien is Wanderers tans die toonaangewende klub wat dié sport bevorder.
“Ons by Wanderers is opgewonde oor wat ons die afgelope maande hier reg gekry het. Muurbal is ’n wonderlike sport wat deur ’n fantastiese klub aangevuur word,” sê Steven Berry, voorsitter van die Wanderers muurbalklub.
“Ons gaan binnekort al die bane opknap. Dit gaan ’n duur transaksie wees, maar as een van die voorste klubs in Namibië moet ons sorg dat die beste fasiliteite beskikbaar vir die spelers is wanneer ons eersterangse kompetisies hier aanbied. Ons as ’n sportfamilie wil graag hê dat almal hier na Wanderers kom om te sien hoe lekker dit is om deel van ons klub te wees. Dit maak nie saak of jy ’n ernstige speler is of iemand wat net vir die pret speel nie. Ons is hier vir almal.”
Andrew Forrest wat die A-afdeling in die bekerkompetisie vir mans ingepalm het, was ingenome met die verloop van die kompetisie.
“Dit was eenvoudig ’n plesier om aan die Visions-toernooi deel te neem. Ek woon tans in Suid-Afrika en dit is ’n voorreg om terug te keer en in hierdie kompetisies te speel. Met 70 spelers wat ingeskryf het, was die geleentheid weereens ’n reuse sukses.
“Die spelers het van oral in Namibië opgedaag, wat ’n getuigskrif vir Wanderers is en met die getal juniors wat ek hier sien speel het, is hulle beslis op die regte pad wat ontwikkeling betref.”
Forrest reken Walvisbaai muurbal­klub en Wanderers is beslis die leiers met die ontwikkeling van jong spelers.
“Die nuut verkose komitee doen baie moeite om borge vir dié sport te bekom. Die lang ure wat saam met Visions Consulting bestee is om die afgelope naweek se kompetisie ’n sukses te maak, was beslis die moeite werd.
“Dit is vir my ’n groot eer om die toernooi te wen en ek sal in die toekoms my bes vir my klub en land doen. ’n Groot dankie aan Rudi en Lientjie Koekemoer van Visions Consulting vir hul broodnodige borgskap en volgehoue bydrae tot muurbal in Namibië,” het Forrest gesê.
Die uitslae:

VROUE
1. Adri Lambert, 2. Lida-Marie Calitz (beide Wanderers), 3. Nancy Fernandez (Klein Windhoek).

MANS BEKERKOMPETISIE
A-afdeling: 1. Andrew Forrest, 2. Clifford de Witt (Walvisbaai), 3. Kyle Kriel (Wanderers).
B-afdeling: 1. Dylan Spencer (Walvisbaai), 2. Bjorg Magg (Klein Windhoek), 3. Rudi Koekemoer (Swakopmund).
C-afdeling: 1. Sean Wathen, 2. Adri Lambert, 3. Stockley van Horsten (almal Wanderers).
D-afdeling: 1. William Graham, 2. Ellenore van Breda, 3. Christiaan du Preez (almal Wanderers).

MANS PLAATKOMPETISIE
A-afdeling: 1. Nicholas Berry (Wanderers), 2. Brandon Grane, 3. Cecil Humpries (beide Walvisbaai).
B-afdeling: 1. Hugo van der Heever (Klein Windhoek), 2. Oliver Daub, 3. Waldo Schafer (beide Wanderers).
C-afdeling: 1. Nancy Fernandez, 2. Colin Knott, 3. Daniel Conradie (almal Klein Windhoek).
D-afdeling: 1. Nepembe Lohmeier, 2. Hendrik Diekmann, 3. Jan Kirsten (almal Wanderers).

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A