Tenkwa in vlamme
'n Tenkwa het Vrydagoggend op die pad tussen Kombat en Grootfontein in ligte laaie op 'n brug gestaan. Polisie op die toneel het gesê dit het omstreeks 01:00 aan die brand geslaan terwyl dit gery het. Motors moes van die pad afry en op die grond langsaan verbyry. Dit is die tweede tenkwa in 'n maand wat heeltemal uitgebrand het. Die ander voorval het Vrydag 5 Augustus sowat 35 km buite Otjiwarongo op die pad na Kalkfeld plaasgevind. Christine Potgieter het die foto Vrydag omstreeks 06:15 geneem.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie